Viva Krimokrasie, Viva!

ImageEk wonder of die ANC gedink het voordat hulle gepraat het, toe hulle onlangs die stelling gemaak het dat nie slegs minderheidsgroepe die teikens van moord in SA is nie.

Mense, die een punt wat ter sprake moet wees is nie dat moord oor die hele spektrum van die bevolking versprei word nie, maar dit is dat moord nie behoort te gebeur nie.

Daar is so 'n paar kwessies wat mens hier kan opper en dan probeer om te beantwoord.

1) So moet ons wag totdat daar 'n sekere aantal van ons vermoor word voordat ons mag kla?

2) Net die ANC laat die feit dat die swartmense teen 'n hoë tempo uitgewis word, na 'n prestasie klink.

3) In enige ander land is daar groter besorgdheid oor minderheidsgroepe wat uitgewis word.

4) Die vraag is nie hoeveel van watter groep vermoor word nie. Eerder: hoeveel van watter groep vermoor ander groepe se lede?

Oor punt nommer een, wil julle hê dat daar eers 'n sekere hoeveelheid van die minderheidsgroepe se mense, uitgedruk in persentasie, uitgemoor moet word voordat dit julle sal bekommer? Ek glo die antwoord is nee, want as julle te veel toelaat sal dit dalk die regering se reputasie in die oë van die buiteland skaad, en dit kan julle nie bekostig nie. Die feit dat die ANC die Afrikanerblanke reeds laat sleg lyk oorsee kan dalk net eendag in sy swart gesiggie opblaas. Die rede daaroor sal ek later aanraak.

Wat verder merkwaardig is, is dat die ANC-regering waarskynlik die enigste ter wêreld is wat dit na 'n prestasie laat lyk as daar meer van hulle eie volksgenote uitgemoor word as die ander groepe wat in die land teenwoordig is. Dat hulle dit na 'n prestasie laat klink, is soos die sogenaamde oorwinning wat hulle gedurende die bosoorlog by Cuito Cuanavale behaal het. In die betrokke veldslag het die verliese van die Suid-Afrikaanse troepe op 31 gestaan het vir die verlies van 4785 kommunistiese troepe.

Terloops, wil hulle nie dalk meer sulke geweldenaars in die swart woongebiede instuur sodat hulle verder die stryd kan wen nie? Want as verlies beteken dat mens wen, kan ek my ongelukkig nie by die sogenaamde wenkant skaar nie. Wat wel hieruit behoort te blyk, is dat die regering sy gesamentlike medusa-kop moet laat sak en erken dat hy die stryd teen misdaad – en veral teen moord en verwante geweldsmisdade – verloor het, maar nee, hy staan trots op en verklaar dat nie net minderheidsgroepe die teiken van moordenaars is nie, maar die meerderheidsgroep van die bevolking ook.

Dit is amper asof hulle volgens hulle eie beskeie mening 'n klop op die skouer moet kry vir elkeen van die minderhede wat vermoor of verdryf word. Dat laasgenoemde groepe kleiner word by die dag as gevolg van onbeheersde toestroming uit sekere noordelike buurlande is ongetwyfeld so, en steeds sien die swartmense nie die gevaarligte flikker nie.

In enige ander Westerse land, anders as die gemiddelde onbeholpe, korrupte Afrika-krimokrasie, sal daar groot bekommernis wees as die minderhede so geteiken word soos wat in Suid-Afrika gebeur, maar dit wil voorkom asof die res van die wêreld sy rug op die lot van die Afrikaner in Afrika gedraai het. Hom vir die wolwe gegooi het.

Wel mense, die dag sal kom wat die Afrikaner gaan sê: "Nou hou dit op!"

Mens kan reeds neigings in die nuus sien waar die mense se verdaagsaamheid teenoor misdaad baie gesak het en waar die mense wat voorheen meer sou toegee 'n harder houding in die stryd teen misdaad inneem. Dit word duidelik as mens die nuus oor die laaste paar maande beskou en waarneem hoedat kapers en rowers meer dikwels met hul lewens betaal vir hulle misdade teen mense wat keelvol daarvoor is om altyd net slagoffers te wees.

Wat verder belangrik is, is nie hoeveel lede van die minderhede vermoor word nie, maar wel hoeveel van die meerderheid betrokke is by die moord op die minderhede. Ek dink dat die antwoord op die vraag wel van meer waarde is, aangesien dit deesdae wêreldwyd erken word dat die swart Afrikaan baie meer geneig is tot geweld, moord en misdaad as blankes of Asiërs. Suid-Afrika se statistieke en tronkbevolkings spreek vanself.

Die feit dat die huidige regering grotendeels die geweld teen minderhede ignoreer, moet met sy grypsug in verband gebring word. Hy is besig om op 'n  berekende, sistematiese manier die land te stroop van alles wat van waarde is: geld, minerale, enigiets wat hy kan vat, breek of vernietig.

Die een belangrike punt wat die swartman vergeet, is dat hy in die verlede van die blanke afhanklik was en dalk vinniger as wat hy dink weer op dieselfde pad kan beland. Mugabe en sy Zimbabwiërs is vandag afhanklik van voedselhulp wat grootliks deur blanke Britte verskaf word. Dit impliseer dat die twee minderhede in die land wat die hoogste inkomste per kop weer sal moet bydra om die hordes onbeholpe swartmense te moet ophef as ons landbou en ekonomie eers geruïneer is.

Iets wat ek dus aan die regering wil voorstel is dat hy, pleks daarvan om toe te sien en toe te laat dat minderhede na willekeur vermoor en aangeval word, ons eerder opgepas behoort te word soos dit waardevolle bydraers tot die land se welvaart betaam. Die ANC-regering het baie meer om in die proses te verloor as wat hy tans dink.

Die VF+ het vroeër vanjaar namens die Afrikaner by die UNPO geregistreer. Die geweld wat ons tans teister, kan beslis gesien word as 'n bedreiging wat neerkom op totale uitwissing. Behoort daar nie internasionaal hieroor klagtes gelê te word nie, by die UNPO, die VN se Menseregtekommissie en ander internasionale organisasies?

Dit sou interessant wees om hulle reaksie te hoor op die stelling van die skeurende ANC, dat nie net minderheidsgroepe as teikens vir moord uitgesoek word nie. As mens die berig so tussen die lyne deurkyk, wil dit voorkom asof die ANC homself probeer verontskuldig en dít kan hy nie.

Ons wette is reeds streng genoeg; hulle word eenvoudig nie toegepas nie. Daarbenewens glo die ANC dat kriminele meer regte as wetsgehoorsame burgers behoort te hê.

Viva Krimokrasie! Viva!

free casino bonus games slots

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.