Bheki Cele ontken dat ras ‘n rol speel by volksmoord op boere

Deel op

Plaasaanvalle waartydens boere gemartel, verkrag en tereggestel word, het niks met die ras van die slagoffers te make nie, het die adjunkminister van landbou, Bheki Cele, gister gesê.

Dit lyk asof Cele wou reageer op wye internasionele veroordeling en die organisasie Genocide Watch wat moorde op Afrikanerboere op vlak 6 van ‘n volksmoord geklassifiseer het.

“Ons doen ‘n beroep op almal, beginnende by die media en elkeen – haal die rassekwessie uit plaasmoorde. Die mense wat vermoor word, is boere,” het Cele aan verslaggewers in Pretoria gesê.

“Of hulle wit, swart, geel, groen of pers is, ons het gesien dat boere aangeval word en ons hanteer dit só. Op die gebied van boerdery, beskou ons dit in ‘n ernstige lig. Ons sou wou sien dat almal dit ontras.”

Volgens Cele is dit egter nie sy departement se verantwoordelikheid om boere te beskerm nie en het hy ‘n “beperkte rol” om te speel.

“Landbou kan nie sê ons sal diegene wat boere doodmaak in hegtenis neem nie. Ek wens ons kon, maar ons kan nie. Ons kan nie sê dat ons hulle gaan skiet nie.”

 “Daar moet goeie kommunikasie tussen plase en plaaswerkers wees. Daar ‘n behoefte aan vinnige beweging in reaksie by die polisiestasies rondom plase.”

Volgens Cele is hy “hoogs tevrede” met hoe die polisie in Estcourt, Kwazulu-Natal, gereageer het nadat mnr. Malcolm Stick Green, 69, op sy plaasy op 5 Januarie deur vier swart aanvallers vermoor is.

Sondag het die polisie drie mense vir moord en poging tot moord in hegtenis geneem ná ‘n plaasaanval op ‘n bejaarde egpaar in Lindley, Muldersdrift in Gauteng. Charles Henderson, 60, en sy vrou Jenny is deur ‘n groep swartes in ‘n hinderlaag gelei wat hulle Donderdagnag met messe en vuurwapens aangeval het.

Die egpaar is vasgemaak terwyl die rowers hul huis geplunder het.

Jenny Henderson het daarin geslaag los te kom en hulp te gaan soek. Haar man Charles is egter dood toe die aanvallers hom met ‘n houtpaal en ‘n baksteen oor die kop geslaan het.

‘n Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, sê dat die polisie na drie ander mense op soek is.

Gister het die minister van landbou, Senzeni Zokwana, gesê dat plaasaanvalle ‘n “kommerwekkende neiging” is. Tydens die perskonferensie in Pretoria wou Zokwana nie sê of daar enige strategie bestaan om plaasaanvalle te kortwiek nie.

“Ons het nie hierheen gekom met enige besonderhede nie. Onthou, sekere besonderhede rondom optrede hierteen berus by die departement van polisie. Ons sal met hulle vergader om te kyk na maatreëls wat proaktief is,” het hy verklaar.

“Ons moet ‘n forum skep waarbinne die boere, plaaswerkers en die gemeenskap rondom die plase as ‘n span kan saamwerk. Ons moet die plaasgemeenskappe harmoniseer. Ons het met ander departemente begin saamwerk.”

Twee mense is Maandag vir die moord op ‘n bejaarde egpaar naby Bainsvlei, Bloemfontein, aangekeer. Die lyke van die egpaar, Toon, 72, en Rienie Swanepoel, 70, van die plaas Waaikraal, is in ‘n bos op die eiendom gelos. Hulle is doodgeskiet.

Die woordvoerder van die Vrystaatse polisie, Harry Nagel, sê dat ‘n derde verdagte, wat 19 jaar oud is, lat by Kelly’s View gevang is. Hy is in die besit van ‘n gesteelde televisiestel en ‘n vuurwapen betrap.

Elders in die Vrystaat is die lyk van die 68-jarige Martie Bester in her verbrande huis op die plaas Erfbloem naby Theunissen gevind.

“Vier vuurwapens word uit die kluis vermis. Die slagoffer se Toyota Hilux is in ‘n uitgebrande toestand naby die plaas gevind,” sê Nagel.

‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om te bepaal wat die oorsaak van haar dood is.

Sedert die begin van die jaar is sewe mense reeds op plase vermoor.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.