Petisie: Spraakvryheid vir Afrikaanse aktiviste!

Deel op

Groep van onskuldige Afrikaners

Onskuldige Afrikaners

Ons weier om om verskoning te vra vir enige optrede of beleid van enige Boere- of Afrikanerregering in die verlede sedert 1652, veral nie vir sogenaamde "apartheid" nie.

Feit is dat feitlik alle groepe (Afrikaners, Engelse, bruines, Indiërs, swart etniese groepe) in die verlede aan allerlei vorme van segregasie en self-segregasie deelgeneem het, en dit tot vandag toe doen. Geen ander groep het tot dusver daarvoor om verskoning gevra nie; waarom sou ons?

Op die vasteland van Afrika beklee Afrikaners die eerste posisie sover dit regverdige en menslike optrede betref. Anders as die koloniale moondhede en verskeie postkoloniale state op die vasteland, het ons ons nog nooit aan georganiseerde massamoord, marteling, terreur of etniese suiwering skuldig gemaak nie.

Daarom is ons onskuldig en amper moreel onkreukbaar. Ons verteenwoordig 'n voorbeeld van wetsgehoorsaamheid, selfbeheersing en etiese optrede in die aangesig van intense vyandigheid, terreur en onreg, in die verlede soos in die hede.

Trouens, vele ander groepe in die land behoort ons om verskoning te vra vir hul groteske misdade soos die Britse konsentrasiekampe, die 200 voorvalle van terreur in die tagtigerjare, steun vir kommunisme wat op sigself 'n misdaad teen die mensdom was, asook ons huidige verdrukking by wyse van kulturele, talige en rassediskriminasie, plaasmoorde en die aanhoudende diefstal van ons bates, hetsy deur gemeneregmisdaad, hetsy deur amptelike wetgewing soos "onteiening sonder vergoeding".

Ons verwerp enige opportunistiese poging deur sogenaamde "wit Afrikaners wat deur apartheid bevoordeel is" om namens Afrikaners te erken dat hulle as groep aan 'n vergesogte "misaad teen die mensdom" skuldig is, nóg dat óns meer as enigiemand anders in die verlede bevoordeel of benadeel is. Hierdie poging word gemotiveer deur intellektuele oppervlakkigheid, sikofansie en gedienstigheid aan die korrupte ANC-terroristebewind.

Weens die verdeeldheid wat daar tans heers, sowel tussen die onbenullige kliek van Kruiperkaners en gewone Afrikaners, asook tussen die regime en die meeste minderheidsgroepe, is geen demokratiese debat moontlik nie. Boonop word streng sensuur deur die ANC-gedienstige hoofstroommedia toegepas sodat geen dissidente mening geduld of selfs buite die internet om gepubliseer word nie.

Nietemin wil ons die skuldige "wit Afrikaners" vra om te besin oor hul onsinnige, onnosele standpunte wat die huidige klimaat van Boerehaat en etniese wrewel jeens Afrikaners kan vererger omdat dit Anglo-Afromarxisme en ander vorme van ekstremisme onderskraag en aanhits.

Soos ons voorouers oor eeue heen, sal ons bly voorstry vir vryheid en geregtigheid.

Maar bowenal is ons onskuldig in elke moontlike sin van die woord. Ons beaam dit met vreugde, teen die hele wêreld in.

**your signature**

348 signatures = 3% of goal
0
10,000

Share this with your friends:

   

[signaturelist id=”2″]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.