Bentley Arnage Final, die einde van ‘n era

Deel op

Image

Bentley Arnafe Final

13:47:01 Die Bentley Arnage is in 1998 bekendgestel. So ‘n hele dekade van ongekende sukses het nou aan sy einde gekom. Bentley het besluit om die Arnage te begrawe deur die modelreeks te beëindig met ‘n spesiale weergawe, die “Final Series”.

Deel op

Daar sal slegs 150 van die finale reeks gebou word en elk van hulle sal baie spesiaal wees. Die enjin is ‘n 368 Kw-monster van 6,75-liter met ‘n dubbelturbo-V8 wat 1000 Nm se wringkrag lewer. Daar is ‘n sesspoedoutomatieseratkas met seepgladde skakelings. ESP oftewel Elektroniese Stabiliteitbeheer sowel as banddrukmeters is standaard.

Buitekant gaan die 20-duimvyfspeekallooivellings asook verskeie kentekens wat die “Final Series” aandui die modelle onderskei. Daar is ook ‘n kristalbrandstoftenkdop en dubbele uitlaatpype. Aan die binnekant sal die voetpedale uit aluminium bestaan. Agter in die motor pryk ‘n drankkabinet wat uitgevoer is in ongekleurde beukehout.

Die eienaar kry dan ook vier spesiale Bentley-sambrele, ‘n vlekvryestaalkoffiefles en twee opvoubare piekniektafels op die koop toe. Verwyderbare agterste koppiehouers is insgelyks standaard. Die klankstelsel in die motor sit nie minder as 1100 w uit deur 10 luidsprekers nie. Daar is ook ‘n koppelstuk vir jou iPod-musiekdingetjie en ‘n inligting telsel wat Bentley die DSP-stel noem. "Digital Signal Processing" met agt modusse om jou die beste klankkwaliteit in ‘n motor te kan gee.

одежда для барбиАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.