Moet net nie wit wees nie

Deel op

Twee nuusbrokkies het die afgelope dae miskien die aandag van ‘n paar belangstellendes getrek. Ons laat vireers maar die afgryslike plaasmoorde daar wat ons daaglikse deel geword het.

Die eerste nuusitem handel oor Ruvé Van Rooyen. Ruvé Van Rooyen was die Vrystaat se nommereenkandidaat in die onlangse matriekeksamen met ‘n gemiddelde van 96%. (99% in wiskunde). Die berig lui dat Ruvé toelating geweier is tot studie aan die mediese skool van die Universiteit van die Vrystaat. Natuurlik nie die eerste keer dat so-iets gebeur nie.

Eers was daar ‘n kleitrappery oor haar aansoek tot toelating wat sg. «weggeraak» het en toe weer dat haar heraansoek, «te laat» ingedien was. Intussen kan ‘n mens jou laaste sent verwed dat nie een van die Sipho’s se 40%-gemidddelde -aansoeke «weggeraak» het nie. ‘n Mens kan maar net wonder hoeveel van die kandidate wat wel tot die mediese skool toegelaat is, se pasiënte gaan ook mettertyd «wegraak» weens septiese wonde en verbroude operasies. Dis ook interessant dat hulle nie die moed van hulle oortuiging het om prontuit te erken dat Ruvé weens haar velkleur geweier is nie. («Moed van ‘n mens se oortuiging» is waarskynlik nie deel van hulle kultuur nie.)

Die ander berig is dat die Blou Bulle se wedstryde verlede jaar die swakste bywoningsyfer in dertien jaar gehad het. Dit geld die Superreeks- en Curriebekerwedstryde, die hele kaboedel. Die verduideliking van die beherende mafia is dat die toeskouers nie belangstel wanneer hulle span net heel tyd verloor nie. Kan seker so wees, maar daar kan ook ander redes wees. Miskien kan ‘n mens ook vra wáárom hulle dan die heeltyd verloor.

Wat vir ons van belang is, is dat rugby die suiker om die bitter pil was deur middel waarvan die «Nasionale» Party-regering die «nuwe» Suid-Afrika aan die publiek verkoop het. Iets in die trant van «as julle internasionale rakbie wil speel en kyk, dan moet julle eers julle selfbeskikking prysgee». En ongelukkig het die 7-delaanbrigade (die meederheid) daarvoor geval.

Nou wil dit voorkom asof rugby vanself ‘n stille dood wil sterf, ten spyte van, of miskien te danke aan die «nuwe» Suid-Afrika. In weerwil van wat die rugbysegsmanne te sê het, lyk dit na gesonde verstand dat die werklike rede vir afnemende openbare belangstelling gesoek moet word in die kwotastelsel wat al hoe meer deel word van die Suid-Afrikaanse rugbytoneel. Rugby sal nooit weer rugby wees nie voor ons weer ‘n eie land het of dan ten minste ‘n land waar velkleur nie ‘n kwalifikasie is vir universiteitstoelating of insluiting in ‘n sportspan nie. Teen die tyd dat laasgenoemde gebeur, sal rugby waarskynlik net nog ‘n vae herinnering uit die gryse verlede van Suid-Afrika wees, of anders, geleenthede waar die Sipho’s kan kopstamp en messteek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.