Restitusie – ‘n gawe idee

Ek het onlangs ‘n skreeusnaakse inbelprogram op die radio gehoor. Soos met baie goed wat werklik snaaks is, was dit nie bedoel om snaaks te wees nie, en was beide die onderhoudvoerder en haar gas doodernstig. Die ateljeegas was ene doktor Mandla Zondi, wat na bewering ‘n akademikus en navorser is. Die program het kwansuis gehandel oor die sogenaamde dekolonisering van inheemse kennis, maar heel voorspelbaar het dit vinnig gedegenereer tot klaagliedere dat westerlinge by Afrikane gesteel het, en ‘n geteem dat wat ook al die witmense glo sou gesteel het, onmiddellik teruggee moet word.

Dr Zondi is iemand wat aspirasies het om ‘n tuisgebakte Frantz Fanon te wees, maar wat die kluts totaal kwyt is. Sy uitgangspunt is dat westerlinge Afrikane se inheemse kennis vernietig het, dat blankes aan hul eie, aangebore meerderwaardigheid glo, en dat alles sou regkom as die westerlinge bloot net nie hier was nie. Wat presies daardie kennis sou wees, het die goeie doktor helaas nie bespreek nie, en uit die aard van die saak kon hy nie na enige geskrifte wat vóór 1652 geskryf is oor dié onderwerp, verwys nie.

Die eerste humoristiese aspek van dié inbelprogram was dat dit klaarblyklik glad nie by hetsy die simpatieke, swart onderhoudvoerder, of by haar gas opgekom het dat die inbelprogram in ‘n koloniale taal, Engels gevoer, is nie. Dit is ook uitgesaai op ‘n medium – radio – wat uit en uit deur sogenaamde koloniale verdrukkers bedink is. Sonder Marconi, Maxwell of Hertz was daar geen medium vir dr Zondi om sy sottighede kwyt te raak nie, en sou sy gehoor hoogstens tien mense om ‘n kampvuur gewees het. Ek twyfel of die Xhosas ooit op hul eie by Maxwell se vergelykings oor elektromagnetiese golwe sou kon uitkom, aangesien daar geen getuienis is dat Xhosas selfs die mees eenvoudige wiskunde berekenings magtig was nie. Voorts is die idee van ‘n universiteit, asook ‘n doktorsgraad, ‘n westerse konsep. Hoe sou dr Zondi sy doktorale verhandeling kon voortbring, was dit nie vir westerse konsepte soos die geskrewe woord nie?

Wat dit selfs nog meer amusant gemaak het, was dat, hoewel die goeie doktor sy snert in akademiese terme probeer verdoesel het en met min sukses probeer het om na ‘n intellektueel te klink, dit eintlik presies dieselfde gedagtegang verteenwoordig wat tans deur die besonder on-akademiese Fooliaas Malema verkondig word: Blankes het by swartes gesteel, en swartes soek dit nou terug. En maak geen fout nie: Dis ‘n besonder-effektiewe boodskap, hierdie een. Dit is in der waarheid só suksesvol dat die EFF in slegs ‘n paar maande kon vermag wat die mees hopelose en irrelevante opposisieparty op aarde, die DA, nie in twintig jaar kon vermag nie. Die EFF het daarin geslaag om die ANC te dwing om die EFF se diskoers (hoe’s daai vir ‘n groot woord wat so geliefd is onder die libgestremdes – diskoers?) sy eie te maak.

Niemand minder nie as president Zuma het oor die naweek uit die EFF se sangbundel begin sing toe hy al die skuld vir wat skeefloop, op Jan van Riebeeck probeer pak het. Jan van Riebeeck synde natuurlik ‘n metoniem vir “blankes.” Volgens president Zuma is dit Van Riebeeck, kolonialisme of apartheid (weer eens, lees: “Blankes”) se skuld dat Eskom byvoorbeeld nie in staat is om die ligte aan te hou nie. Net so min as wat dr Zondi die ironie in sy woorde besef het, besef pres Zuma dat sy eie woorde uiters ironies is. Was dit nie vir blankes nie, was daar geen elektrisiteit in Suid-Afrika nie, laat staan nog ‘n organisasie wat dit moes versprei nie.

Die VF+ het vanoggend aangekondig dat hulle hierdie pan-Afrikanistiese neigings gaan aanvat, en het ‘n klag by die MRK gaan indien oor die president se absurde uitlatings. Anders as die VF+, en ten spyte van die absurde uitsprake wat Fooliaas, Zuma en Zondi maak, staan ek nie onsimpatiek teenoor swart aansprake op restitusie nie.

Inteendeel; ek is heeltemal te vind vir restitusie, mits dit ware restitusie is.

Restitusie beteken immers om iets te herstel na ‘n vorige toedrag van sake. President Zuma het hoeka Saterdag na 6 April, 1652, verwys, en dit is na my mening ‘n goeie vertrekpunt of afsnydatum vir ware restitusie. Kom ons gee toe dat die kolonialisme ‘n onding was en Afrikane van hul idilliese bestaan onteem het. Hoe sou ons die skade tog ongedaan kon maak? Wat was die toedrag van sake op 5 April, 1652? Wat sou dit verg om kolonialisme ongedaan te maak?

Op daardie datum was die swart volke beperk tot die noordooste van die land, en veral die ooskus. Daar was geen swartes aan die Kaap nie, en bitter weinig in die Karoo of wes van die Drakensberge. Daar, aan die Ooskus, het hulle ‘n “idilliese”, pre-koloniale, pre-geletterde bestaan gevoer, met sulke plesiertjies soos ongeletterdheid, geen stemreg, despotiese en bloeddorstige stamhoofde, geen eiendomsreg nie, gereelde massamoorde en ‘n kort lewensverwagting as deel van hulle daaglikse lewens. Ek is dus heeltemal te vinde vir ‘n terugdraai van die horlosie na 5 April, 1652.

Span dus gerus ‘n elektriese heining vanaf die noordelike moot van die Drakensberge, aan die oostelike voetheuwels van die Drakensberge, tot by die Keirivier. Laat alle elektriese drade, internetverbindings, riool- en waterpype by hierdie heining eindig. Ploeg alle paaie op oos van hierdie heining se plaveisel op. Vernietig alle geboue, en veral alle skoolgeboue, oos van die heining. Verbrand alle boeke in die ooste en verbied lees as ‘n aktiwiteit. Maak die dra van skoene en klerasie wat uit enige kunsmatige vesels, asook katoen, bestaan verbode. Verbied skoolopleiding, ‘n geldeenheid, antibiotika, internasionale handel, die wiel, motorvoertuie, die internet, koloniale tale asook die demokrasie oos van die heining, en stel Goodwill Zwelithini aan as die alleenheerser van hierdie koninkryk. Gee hom die mag om mense summier tereg te stel as hulle hom nie aanstaan nie.

Slegs dan, as al die bostaande plaasgevind het, kan mens sê dat daar ware restitusie was. Slegs dan het dr Zondi en menere Zuma en Malema se wense waar geword.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.