Eskom loods uiteindelik nuwe veldtog teen koperdiefstal

Die nasionale kragvoorsiener Eskom het die lig gesien wat koperkabeldiefstal betref, en uiteindelik ‘n nuwe veldtog daarteen geloods.

Verbruikers moet jaarliks miljarde ekstra opdok weens dié voortslepende plaag.

Koperkabels wat gesteel word en later as skroot verkoop word, kos die kragvoorsiener jaarliks meer as vier miljard rand. Die verlies moet later van verbruikers verhaal word.

Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe sê beurtkrag sal volgende week afhang hoe die kragopwekkingseenhede werk.

Eskom sukkel om in die krag-aanvraag te voorsien maar geen beurtkrag word in dié stadium nog beplan nie.

Druk op die netwerk is besig om toe te neem weens verhoogde verbruik van die sakesektor na die vakansie.

Eskom het weereens ‘n beroep op verbruikers gedoen om krag te bespaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.