Miljarde Namibiese dollar vloei na Noord-Korea

Deel op

Die regering van Namibië het klaarblyklik hegte bande met Noord-Korea.

Die vermoede bestaan dat dié vriendskap om Namibië se uraanneerslae gesmee is.

Namibiese dollar, miljarde daarvan, vloei jaarliks uit die staatskas na die Noord-Koreaanse wapenvervaardiger KOMID se verskansingsmaatskappy, Mansudae Overseas Project Group of Companies.

Dié belegging is gemaak in weerwil van ‘n Veiligheidsraad-resolusie wat bepaal dat alle lidlande van die VN bates van individue en maatskappe betrokke by Noord-Korea se wapenprogramme bevries.

Trouens, nie alleen verontagsaam Namibië die Veiligheidsraadresolusie nie, maar twee van KOMID se base woon ondanks die reisverbod teen hulle, in Namibië.

Noord-Korea is weens sy kernarsenaal deur wêreldleiers veroordeel, maar die Namibiese regering verkies om diplomatieke betrekkinge vol te hou.

Dit is nie seker hoe Namibië se belegging in KOMID die SAOG-streeksooreenkomste soos SIPO II betreffende veiligheid in Suider-Afrika raak nie.

Noord-Korea se leier, Kim Jong-un, se verbintenis aan kernwapens en herhaaldelike dreigemente om dit aan te wend, is rede tot kommer.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.