Bejaarde egpaar buite Bloemfontein afgemaai

Deel op

Die name van die bejaarde egpaar wat laas nag op hul Bainsvlei-hoewe buite Bloemfontein doodgeskiet is, is bekend gemaak.

Die Vrystaatse polisie het die name van die bejaarde egpaar bevestig wat in die jongste plaasmoord deur swart aanvallers afgemaai is, tussen Kwaggafontein en Bainsvlei buite Bloemfontein.

Woordvoerder Sam Makhele sê die lyke van Toon en Rienie Swanepoel, tussen die ouderdomme van 72 en 70 onderskeidelik, is gevind kort ná twee swart verdagtes in die egpaar se bebloede bakkie aangekeer is.

Hy sê ‘n derde verdagte is kort daarna in Kelly’s View in hegtenis geneem.

Hy sê al drie sal na verwagting verskyn in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van moord en roof.

Die eerste twee verdagtes is enkele ure na die voorval gearresteer en het reeds die plek waar die lyke gelaat is aan die polisie uitgewys.

Polisiewoordvoerder Chaka Marope sê die egpaar is omstreeks middernag aangeval. Hulle is vasgebind en van ‘n televisiestel en kamera beroof.

Die rowers het die egpaar daarna doodgeskiet en hul lyke 3km van hul huis af in ‘n bos gelaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.