Potgooi: Dr. Dan Roodt oor Suid-Afrikaanse volksmoord op Amerikaanse radiostasie

In hierdie onderhoud wat op Sondag 11 Januarie 2015 met dr. Dave Janda van WAAM, ‘n radiostasie in Michigan, VSA, gevoer is, praat dr. Dan Roodt oor die Suid-Afrikaanse volksmoord en die verband daarmee met die radikale marxisme van die twintigste eeu. Hy verduidelik ook hoe verkragting in Suid-Afrika, nes in die DRK, as ‘n “oorlogswapen” gebruik word om ‘n hele groep mense te verneder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kaylee van Yken

    Uitstekende geprekvoering, dankie Dr. Dave Janda en Dr Dan Roodt.

    Vir diegene wat belang stel, teken ook hierdie petisie.

    http://southafricatoday.net/south-africa-news/jacob-zuma-to-be-charged-with-crimes-against-humanity/

  • Kaylee van Yken

    Elders lees ek hierdie sotlike opmerking :

    Bheki Cele, adjunkminister van landbou, het Dinsdag gesê aanvalle op plase, wat dikwels met die moord op plaaseienaars gepaardgaan, het niks met die slagoffers se ras te doen nie.

    “Ons doen ʼn beroep op almal, ook die media – om die raskwessie uit plaasmoorde te haal. Die mense wat doodgemaak word, is boere,” het Cele aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons het gesien boere kom onder aanval, hetsy hulle wit, swart, geel, groen of pers is, en ons hanteer dit so. Op ons grondgebied van boerdery, neem ons dit ernstig op.”

  • Riempies

    Ons moet meer lees op Praag.Org dit is die engelse gedeelte van Praag dat n mens in gesprek kan tree met buitelanders.
    Dankie dr. Dan Jy verdien respek vir jou dapper en onbevreesde aanspreek van die waarheid.