Dodetal in Mosambiek styg tot 56 na besmette bier

Deel op

Die dodetal in die noord-ooste van Mosambiek het tot 56 gestyg nadat begrafnisgangers vermoedelik besmette tradisionele bier gedrink het, het RSG berig.

Meer as 200 mense in die Tete-provinsie wat van die bier gedrink het moes óf in die hospitaal opgeneem word, óf mediese ondersoeke ondergaan.

Die owerheid sê die tradisionele bier, wat van koringmeel gemaak word, is vermoedelik met krokodilgal besmet.

Monsters is na Maputo gestuur om ontleed te word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.