Valke-hoof geskors oor onwettige deportasies

Deel op

Anwar Dramat, hoof van die Valke, is geskors oor bewerings dat hy betrokke was by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Plaaslike media berig dat ‘n swartman onwettig aan die Zimbabwiese polisie oorhandig is wat daarvan verdink word dat hulle hom vermoor het.

Dramat se kantoor ontken betrokkenheid in enige oortreding.

Dramat is die hoof van Suid-Afrika se elite Valke-eenheid wat georganiseerde misdaad ondersoek.

“Ja. Hy [Mnr Dramat] is geskors hangende verdere ondersoeke na die Zimbabwiese deportasie,” het die polisie ministerie se woordvoerder Musa Zondi aan Sapa gesê.

Dramat het nie kommentaar gelewer sedert sy skorsing nie.

Die DA is onthuts oor die besluit en het die parlement genader om die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko se besluit te hersien om Dramat te skors.

Die party beweer die minister het nie die mag om die hoof van die Valke te skors nie.

Die Helen Suzman-stigting het reeds die hooggeregshof in Pretoria genader om Dramat se skorsing ongeldig te verklaar.

Zimbabwiese opposisie-aktiviste word glo herhaaldelik aangerand en gemartel deur die polisie en die weermag.

Twee lede van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) in Zimbabwe sê hulle is aangerand is deur lede van die regerende party in Masvingo, suid van Harare.

Suid-Afrika se Sunday Times het berig dat senior amptenare in die Valke en ander polisie-eenhede onwettige deportasies met hul Zimbabwiese eweknieë ooreenkom.

‘n 26-jarige Zimbabwiër, Witness Ndeya, was “oorhandig” deur die Valke en vermoor, glo deur die Zimbabwiese polisie, het die koerant berig.

Die Arbeidshof het intussen aan die hoof van die Valke in Gauteng, Shadrack Sibiya ‘n interdik teen sy skorsing toegestaan.

Sibiya se regsverteenwoordigers het die hof Sondag genader nadat hy verlede week ‘n kennisgewing van sy skorsing ontvang het.

Die skorsing hou na bewering verband met sy vermeende betrokkenheid by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Sibiya se regsverteenwoordiger, Victor Nkhwashu sê sy kliënt sal vir werk aanmeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.