AirAsia se vlugopnemer gevind

Deel op

Duikers het Maandag die vlugdataopnemer van die AirAsia-vliegtuig wat op 28 Desember 2014 met 162 persone aan boord in Indonesië neergestort het, opgespoor.

Die vliegtuig, wat meer as twee weke gelede in die Javaanse See gestort het, se vlugopnemer na die oppervlak gebring nadat dit onder ‘n vlerk van die vliegtuig gevind is.

Duikers kon die wrakstuk Sondag bereik nadat drie Indonesiese skepe seine opgespoor het.

Die direkteur van die nasionale reddingsagentskap, Bambang Sulistyo het gesê die span het ‘n gedeelte van die swart houer waarin die vlugopnemer was, opgespoor.

Die kajuitopnemer is egter nog soek. Duikers fynkamp nog die seebodem in die gebied om die stemopnemer te vind.

Die opsporing van die twee instrumente sal deurslaggewend wees om die oorsaak van die ramp te bepaal.

AirAsia het Sondag op sy Facebook bevestig altesaam 48 liggame is al gevind waarvan 32 reeds geïdentifiseer is. Die soektog duur voort.

AirAsia Vlug QZ8501 het op 28 Desember 2014 tussen Soerabaja in Indonesië en Singapoer verdwyn.

Die Airbus A320-200 met 162 persone aan boord het verdwyn nadat die vlieënier van koers afgewyk het weens slegte weersomstandighede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.