Max du Preez vir rassis uitgekryt, en Tim du Plessis kla

Deel op

Met sy gewone sin vir vereenvoudiging en gebrek aan nuanse, skryf Tim du Plessis vandag in Rapport:

Die kampe in Suid-Afrika se rasdebatte is soos twee dronkies wat mekaar nodig het om regop te bly, elkeen te dronk om alleen te loop.

danr2Die saak is egter glad nie so eenvoudig soos wat Tim dit voorstel nie. “Rassisme” is die nuwe slagspreuk waarmee Links die wêreld wil verower, nadat die Berlynse Muur geval en die “klassestryd” in onguns geraak het. Voorheen is die opponente van Links – of hulle nou konserwatief, liberaal of wat ook al was – deur die bank as “bourgeois” of “fasciste” uitgekryt. “Rassis” het vir “fascis” vervang – hoewel die twee terme nog af en toe oorvleuel.

‘n Baie nuttige boek om die hele problematiek te verstaan, is Jared Taylor se White identity: racial consciousness in the 21st century. Die linkse blankes – ook in ons land – het die arme swartman so gebreinspoel dat hy aan niks anders meer  as sy ras kan dink nie. Apartheid het die stam- of etniese verband van die swartman beklemtoon; die hedendaagse kultuurmarxis herinner die swartman die heel tyd aan sy ras en sweep hom teen die linkse se opponent, die “regse”, op. Sa, vat hom! Daar’s jou rassis! skree hulle gereeld.

White Identity Cover

En natuurlik doen die hoofstroommedia, wat geheel en al deur kultuurmarxiste bedryf word, lustig hieraan mee! Dis net wanneer iemand uit hul eie geledere, soos Mad Max du Preez, die slagoffer van sy eie maaksel word, dat hulle kla: “Nou gaan dinge te ver.” Maar as Afrikaanse sangers, skrywers, denkers en filosowe in die naam van “rassisme” van hul spraak- en denkvryheid ontneem word, dan jil die kultuurmarxistiese joernaliste soos halssnoermoordenaars saam om die slagoffer in die openbaar te verbrand.

Dan is daar die netelige kwessie van swart mislukking. In Detroit, Zimbabwe of by Eskom, raak stede, lande of reuse-ondernemings bankrot, kom tot stilstand, of hoes en proes omdat RA (ek noem dit rasstellende aksie) daar toegepas en tot sy logiese uiteinde gevoer is. Daaroor mag ‘n mens nie praat nie, anders bars die linkses histeries in gille van “rassisme!” uit.

Ons enigste hoop is dat die beskuldiging van “rassisme” so dikwels geuiter word dat dit naderhand so belaglik raak dat niemand dit meer ernstig opneem nie. Ek is egter bevrees die plaaslike joernaliste – en veral Naspers – is sulke konformistiese volgers en na-apers van die Britse en Amerikaanse linkses dat hulle heel laaste daarmee gaan ophou. Dis ook omdat Naspers wesentlik ‘n Engels-Suid-Afrikaanse maatskappy met Engels as voertaal geword het, en die koloniale bewussyn is mos sterk.

Intussen moet ons Afrikaners en Eurokaners, wat ons band met die denkende mense op die Europese vasteland wil behou, gewoon voortgaan om die onnosele diskoers rondom “rassisme”, “witheid” en verwante twak te verwerp en dinge te beskryf en te ontleed soos hulle is. Daar is hope aanduidings dat die slim mense lank nie meer deur die “rassis”-kreet geïntimideer word nie en ons kan sien hoe blanke Franse teen terreur in hul land betoog, terwyl ons – danksy witskuld – deur terroriste of voormalige terroriste geregeer word…


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.