Rebelle ontken dat hulle helikopter afgeskiet het in Darfoer

Deel op

16:55:24 Rebelle in die oorlog-geteisterde Darfoer-streek het bewerings verwerp dat hulle 'n helikopter wat deur die Verenigde Nasies se vredesmag gekontrakteer is, afgeskiet het. Vier bemanningslede is in die voorval dood.

Deel op

Soedan se polisie beskuldig Darfoer-rebelle daarvan dat hulle die helikopter wat Maandag neergestort het naby die uitgestrekte Kalma-kamp vir ontwortelde mense afgeskiet het. Kartoem sê die kamp is 'n vesting vir insurgente. Maar rebelle van Soedan se Bevrydingsleër het die bewerings verwerp en sê die beraamde 80 000 inwoners is burgerlikes en nie soldate nie.

Mahgoub Hussein, die Londen-gebaseerde woordvoerder van die SBL-eenheidsfaksie sê die misdaad was 'n terroriste-aksie en hulle het niks daarmee te doen nie. Hulle veroordeel die aanval en ontken enige betrokkenheid. Die SBL-eenheid is een van die rebellegroepe met die meeste ondersteuners in die Kalma-kamp.

Die helikopter is die privaat eiendom van 'n Soedanese maatskappy maar is deur die gesamentlike Afrika Unie- Verenigde Nasies-vredesmag in Darfur gekontrakteer. Soos dit die gebruik vir alle VN-vliegtuie is, was dit wit geverf.

Die helikopter wat onderweg was om twee ton voorrade af te laai, het kort nadat dit van Suid-Darfoer se hoofstad Nyala opgestyg het, neergestort. AU-VN-woordvoerder Kemail Saiki sê hulle ondersoek die voorval maar kon nie gerugte bevestig of ontken dat die helikopter neergeskiet is nie.

Die Europese Unie het vroeër dié maand Soedan se militêre owerhede veroordeel vir die gebruik van wit vliegtuie in Darfoer. Die EU sê dit is 'n moedswillige poging om verwarring met VN-vliegtuie te skep. Soedan het die bewerings verwerp.

depositтопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.