Die skynheilige PK-terroriste

Baie jare gelede het iemand ‘n KP-traktaatjie in ons posbus kom gooi. In dié was daar ‘n spotprent. Dit was van ‘n maer, wit outjie wat gesteier het onder die gewig van ‘n geweldige oorgewig swart persoon wat op sy rug ry. Die punt van die spotprent was dat die blanke belastingbetaler ‘n swaar las gedra het as gevolg van die miljoene wat hy moes onderhou.

Dit sou natuurlik vandag absoluut ondenkbaar wees vir enige hoofstroompublikasie om só ‘n spotprent te publiseer. Dit sou immers erge laster teen die fundamentalistiese religie van politieke korrektheid, asook die ewe fanatiese godsdiens van anti-rassisme, verteenwoordig. As die Koran dan die heilige boek van Islam is, is die heilige geskrifte van die godsdiens van politieke korrektheid eweneens die hoofstroommedia, en sit die profete van hierdie godsdiens in die redaksiekantore van die hoofstroommedia.

Na aanleiding van die terreuraanval op die kantore van Charlie Hebdo het die hoofstroommedia egter onmiddellik hulle gesamentlike ruggies styfgemaak en te velde getrek teen wat hulle ‘n gewelddadige aanslag op vryheid van spraak genoem het. Nou kyk, ek vind terreur nog altyd afstootlik, of dit nou die Kerkstraatbom of die Charlie Hebdo-voorval is. Dit is slegs lafaards wat ongewapende burgerlikes aanval. Wat ek egter ewe afstootlik vind, is skynheiligheid.

En skynheilig, dié is die fanatici van politieke korrektheid, en hul profete in die nuuskantore van die hoofstroommedia. Net so min as wat Moslems wil hê dat daar heiligskennis teen hul profeet gepleeg moet word, so min laat die PK-fanatici heiligskennis teen hulle eie religie toe. In 2009 is ‘n werknemer van die einste Charlie Hebdo byvoorbeeld afgedank omdat hy heiligskennis gepleeg het. Hierdie tipe heiligskennis staan bekend as antisemitisme. Die betrokke werknemer het anti-Joodse spotprente geteken. In baie Europese lande kan jy selfs tronk toe gestuur word as jy durf heiligskennis pleeg deur die aantal sterftes in die Nazi’s se konsentrasiekampe te bevraagteken. Dis nou daardie einste Europeërs wat hulself as so meerderwaardig beskou teenoor wat hulle as verdrukking in Moslemlande sien.

So ook skryf Beeld ewe vroom, en heiliger as die Pous, die volgende in reaksie op die terreurdaad in Parys: “ Die reg om dinge te sê wat aanstoot gee, is ’n kernbelangrike reg, ’n hoeksteen van vryheid.” Ja, hoor, ons glo vir jou, Adriaan Basson. Ons glo vir jou dat jy werklik die drek hierbo persoonlik ernstig opneem. Veral diegene, en ek is seker daar is baie van hulle wat die Praagwerf lees, wat al verban of gesensor is omdat hulle die politiek-inkorrekte waarheid durf praat is vanaf die webblaaie van al wat ‘n Nasperspublikasie soos News24, Beeld of Rapport, glo vir jou. Adriaan Basson beskou dit dus as kernbelangrik dat Moslems aanstoot gegee mag word, maar laat nie in sy eie publikasie toe dat ander groepe ook aanstoot gegee word nie. Daarom sal die KP-spotprent waarna ek hierbo verwys, nooit, ooit in sy koerant verskyn nie, en sal diegene wat godslaster pleeg teen Basson se religie van politieke korrektheid, ook blitsig gesensor word en van sy webblad verwyder word. Daar is weinig verskil in terme van uitkoms tussen wat Naspers se sensors doen, en wat die terroriste in Parys aangevang het: Albei se doel is om laster teen hul geloof permanent stil te maak.

Daarteenoor is dit vir die godsdienstige fanatici heeltemal aanvaarbaar dat enige denkbare laster teen Moslems, Afrikaners en nie-Joodse blankes oor die algemeen gepleeg kan word. Conrad Koch mag dus vir Steve Hofmeyr belaster en beweer dat Hofmeyr ‘n geslagsiekte het. Basson sal Koch se kant kies. Die skryfster, Susan Sontag, mag dus die blanke ras as die “kanker van die geskiedenis” beskryf, en alles is in orde. Zapiro kan spotprente teken wat Afrikaners as agterlik uitbeeld, en hy kan die Zoeloepresident op enige denkbare manier bykom, en niemand kla daaroor nie. Laat Sunette Bridges egter skryf dat diegene wat haatmisdade teen blankes pleeg, barbare is, en die malletjies in die kerk van politieke korrektheid sal onmiddellik beserk raak en ‘n Jihad teen beide Bridges en Hofmeyr verklaar, en probeer om hulle inkomste en webwerwe te vernietig. Niemand mag veral enige kritiek uitspreek teenoor die volk waaraan Sontag, Shapiro en Koch behoort nie, want dit is die heel ergste vorm van godslaster vir die fanatici van politieke korrektheid.

Weer eens: Ek het ‘n weersin in terreur. Enige terreur. Die doel van die terreuraanval in Parys was om kritiek teen die Moslems se profeet stil te maak. Die terroriste in die kerk van politieke korrektheid en anti-rassisme se metodes verskil weliswaar van diegene in Parys s’n, maar hulle is net so fanaties en haat ware vryheid van spraak net soveel as enige lid van Al-Kaïda, hul redaksionele skynheiligheid desnieteenstaande.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.