Waterkrisis tref Kaapse boere na kanaal meegee

Deel op

‘n Kanaal wat verskeie klein dorpe en honderde plase noord van Kaapstad van water voorsien het meegegee vir die tweede keer in drie jaar.

Die Wes-Kaapse Ministerie van Ekonomiese Geleenthede onder DA-bestuur, het bevestig dat die kanaal meegegee het buite Clanwilliam. Dit het ‘n impak op die dorpe van Klawer, Vredendal, Lutzville, Strandfontein en Ebenhaezer, en sowat 300 plase.

Die dorpe gebruik drinkwaterreserwes terwyl die kanaal herstel word.

‘n Woordvoerder Tammy Evans het Maandag gesê die probleem kom op ‘n “sensitiewe tyd” vir die gebied se groente- en vrugteboere.

Boere het lank gekla oor veroudering van die waterinfrastruktuur wat sowat 30% van sy kapasiteit lek. Baie waterkenners glo dat Suid-Afrika ‘n waterkrisis deels as gevolg van infrastruktuuragterstand in die gesig staar.

Die Clanwilliamdam, gebou in 1935 hoofsaaklik om aangrensende landbougrond te besproei, het ‘n kapasiteit van 121.8million kubieke meter.

Agri Wes-Kaap, sê die ramp kan ‘n potensiële oes van ongeveer 200000 ton wyndruiwe en 100000 ton tamaties raak.

“Januarie en Februarie is ‘n kritieke besproeiingstyd in die huidige seisoen, wanneer produsente maksimum watervoorsiening benodig,” het die organisasie gesê.

Herstelspanne hoop om 50% van die watervloei deur die naweek te herstel en volle kapasiteit binne die volgende maand.

Agri Wes-Kaap het gesê die herstelwerk kos sowat R4 miljoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.