Verhoogde verkeersvolumes verwag

Verhoogde verkeersvolumes word verwag op Suid-Afrika se paaie van vandag af soos motoriste terugkeer huis toe ná die feestyd.

Die finale vakansieverkeerstormloop sal na verwagting Vrydagmiddag begin. Verkeersowerhede het ‘n beroep op reisigers gedoen om nie hul vertrek uit te stel tot op die laaste minuut nie.

Owerhede sê tans is die paaie nog redelik stil, maar verkeersvolumes sal na verwagting toeneem van vanmiddag af en Sondag ‘n piek bereik.

Die N1 tussen Kaapstad en Johannesburg word ook verwag om die besigste te wees.

Intussen, sal die minister van vervoer, Dipuo Peters die 2014/15 voorlopige feestydpadsterftes aankondig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.