SA Joernaliste veroordeel Charlie Hebdo-aanval

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het die aanval op die Franse weekblad waarin twaalf mense dood is, ten sterkte veroordeel.

SANEF het in ‘n verklaring gesê dat die aanval spanning plaas op godsdiensvryheid asook vryheid van spraak.

SANEF het ‘n beroep op alle godsdiensleiers gedoen om hulself van die lafhartige aanval te distansieer, en veral Moslems gesuggereer.

Die Media-instituut van Suid-Afrika het die aanval bestempel as die ergste aanval op joernaliste in baie jare.

Raymond Louw, woordvoerder van die Instituut, sê daar kan nooit regverdiging wees om mense te na te kom omdat hulle menings uitspreek nie, selfs al is die menings ook vir ander onaanvaarbaar.

Tien joernaliste en twee polisielede wat moes gesorg het vir die joernaliste se veiligheid, is doodgeskiet toe minstens twee gewapende mans gister die publikasie se kantore binnegedring en op die mense losgebrand het.

Die VN het hulde gebring aan die slagoffers van die aanval.

Die vyftien lede van die Veiligheidsraad en dosyne diplomate het met die aanvang van die sitting hul medelye met die twaalf slagoffers betuig en ‘n minuut lank in stilte gestaan.

Die spotprentkunstenaar Zapiro, wat homself beywer om Steve Hofmeyer en “regses” of Afrikaners stil te maak, het ook krokodiltrane gehuil oor “spraakvryheid”.

Die ANC en EFF was nie juis geraak deur die aanval nie, aangesien daar nie ‘n politieke voordeel in vervat is vir die twee organisasies wat self mbv terreur bewondering by sekere kiesers afdwing nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.