Twee SAID-amptenare weer geskors

Deel op

Peter Richer, groephoof van risikobeplanning, is weer deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geskors, het Sapa berig.

Richer is Dinsdag amptelik geskors, het die SAID in ʼn verklaring gesê.

Die SAID het vroeër, voor die saak in die arbeidshof aangehoor is, Richer se skorsing teruggetrek om hom tyd te gee om redes aan te voer oor hoekom hy nie geskors moet word nie.

“Die SAID het mnr Richer se vertoë oorweeg en is steeds van mening dat hy geskors moet word,” het die SAID Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die Arbeidshof het op 18 Desember beveel dat Ivan Pillay, adjunkhoof van SAID, se skorsing onmiddellik tersyde gestel moet word. Pillay is saam met Richer geskors in wat beskou word as ‘n politieke besluit deur die ANC.

Dié twee here het die SAID glo gebruik om invloedryke figure te teiken.

Die Sunday Times het egter berig dat Pillay na die hofuitspraak weer nogtans ‘n kennisgewing van skorsing ontvang het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.