Swart bediende wat wit baba aanrand kry borg

Deel op

‘n Video waarin ‘n swart bediende ‘n baba van sewe maande afgeknou en aangerand het, is binne enkele dae reeds deur meer as 50,000 mense te siene gekry.

Annami Linde van Welkom het ‘n bediende op 1 Desember verlede jaar aangestel om na haar seuntjie Nico, wat sewe maande oud is, te kyk.

Op 21 Desember moes sy en haar man Org, uitgaan en net om seker te maak dat dinge nie by die huis verkeerd gaan nie, het sy die kleinding op ‘n mat in die sitkamer gesit en ‘n kamera opgestel om dit wat in die huis plaasvind, op te neem.

Tot haar skok moes sy sien hoe die bediende haar gemaklik op die bank sitgemaak het en die kleintjie geslaan het toe hy begin huil.

Mafsehediso Lisbeth Makashea, is intussen in hegtenis geneem. Die bediende is na ‘n hofverskyning op borg van R1000 vrygelaat.

Sy moet op die 29ste Januarie weer verskyn.

Linde is ‘n verpleegster en het by talle kundiges kers opgesteek. Van die dokters het gewaarsku dat kinders van ses maande tot ‘n jaar maklik breinswelling en -skade opdoen as hulle rondgepluk en teen die kop geslaan word.

‘n Kliniese sielkundige het gesê dat selfs op so ‘n jong ouderdom ervaar kinders wel trauma want dit word in die senuweestelsel vasgevang.

Bron: Die Vryburger

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.