Verbruikers slaak sug van verligting na olieprys tuimel

Deel op

Brent ru-olie het Dinsdag ‘n nuwe laagtepunt bereik toe dit tot net bó 51 dollar per vat verhandel het. Dit het later in die dag effens herstel.

Die dalende olieprys en voortgesette vrese oor die veerkragtigheid van die wêreldekonomie het ‘n verdere vloeibaarheid op aandelemarkte geskep.

Sukkelende verbruikers kan egter verligting smaak nadat die brandstofprys om middernag met meer as ‘n rand per liter gedaal het.

Die internasionale olieprys het vroeër die week tot op sy laagste vlak in vyf-en-‘n-half jaar geval.

Ontleders meen dat oliepryse later vanjaar tot ‘n nuwe laagtepunt van sowat 40 dollar per vat kan daal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.