Twee metropolisielede in omkooplokval gevang

Deel op

Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is in kennis gestel dat hulle geskors kan word hangende ‘n ondersoek nadat hulle glo omkoopgeld van Yusuf Abramjee, hoof van die teenmisdaadveldtog Crime Line, geëis het.

‘n Lokval is glo vir die beamptes gestel. Die twee beamptes moes ‘n spoedkamera in Centurion beman. Hulle was nie veronderstel om motoriste van die pad af te trek nie maar slegs met die kamera spoedoortreders af te neem en boetes dan later per pos uit te reik.

Volgens ‘n woordvoerder van die Tshwane-metropolisie het Abramjee Maandag die owerhede in kennis gestel dat die twee beamptes hom van die pad af getrek het en omkoopgeld geëis het. Hy het geweier om te betaal en die beamptes het hom laat gaan.

“Die beamptes het egter motoriste van die pad af getrek en aan motoriste gesê hulle moet omkoopgeld betaal sodat hulle nie later ʼn boete ontvang nie,” het die woordvoerder aan Sapa gesê.

Hulle het R200 gevra.

Die twee beamptes is onmiddellik in hegtenis geneem. Daar is R1 200 by een van die beamptes gevind en R710 by die ander beampte. Hulle kon nie rekenskap gee van die geld nie, vermoedelik omdat dit omkoopgeld was.

Die twee beamptes het intussen kennisgewings van skorsing ontvang.

Hulle sal sewe dae hê om daarop te antwoord voor ʼn besluit geneem sal word oor of hulle geskors moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.