Die Suid Afrikanse Weerdiens het gewaarsku dat toestande bevorderlik vir die onstaan van wegholveldbrande verwag kan word in dele van die land.
Die verre westelike dele van Noordwes, die sentrale dele van die Noord-Kaap, en die wes en suidelike dele van die Vrystaat kan bloedige hittetoestande te wagte wees.
Dit sal na verwagting vir die volgende sewe dae bloedig warm wees, met die moontlikheid dat ‘n hittegolf aangekondig sal word.