Swart prestasie oral ‘n kopseer

Deel op

Onderwyskenners in Suid-Afrika sê die matriekuitslae weerspieël die swak besluite deur taakspanne en sogenaamde onderwyskundiges wat deur die ANC en hul handlangers aangestel is.

Uitkomsgerigte onderrig (UGO) het kennelik misluk asook die uitsluiting van meetkunde as deel van wiskunde, sê hulle.

Swart Suid-Afrikaners kan blykbaar nie eerstewêreld-onderrigmetodes en –benaderings baasraak nie, sê prof. Kobus Maree, van die Universiteit van Pretoria.

Die swak prestasie van kandidate in veral wiskunde word toegeskryf aan die feit dat Wiskunde vraestel 3 eers opsioneel was.

Dit het die hoërvlak-vaardighede in die vak getoets, maar tans word dit by die gewone twee wiskunde vraestelle ingesluit wat waarskynlik heeltemal te hoë eise aan leerlinge gestel het.

Swart onderwysers het nie die akademiese agtergrond of die nodige opleiding om sleutelvakke aan te bied nie.

Kenners meen voorts dat die departement geld wil vermors op allerlei tegnologiese foefies, terwyl basiese foute met bywoning, dissipline en tydsbestuur nooit reggestel word nie.

Die kwessie van swart prestasie in die res van die wêreld word egter nooit deur die sogenaamde kenners in ons land aangespreek nie.

Die prestasiegaping tussen swart van wit studente is lank reeds gedokumenteer.

In die VSA word dit ook dikwels as ‘n sosiale kloof voorgehou wat dit uiters ingewikkeld maak vir beleidmakers, aangesien dit weinig met gerief te make het.

Maar ‘n verslag wat fokus op swart mans dui daarop dat die prentjie selfs droewiger is as wat algemeen bekend is.

Slegs 12 persent van swart Graad 4 seuns is vaardig met lees, in vergelyking met 38 persent van wit seuns, en slegs 12 persent van swart Graad8  seuns is vaardig in wiskunde, in vergelyking met 44 persent van wit seuns.

Armoede alleen kan ook nie die verskille verduidelik nie: Arm wit seuns doen net so goed soos die Afro-Amerikaanse seuns wat nie in armoede leef nie, gemeet aan of hulle kwalifiseer vir gesubsidieerde skoolmiddagetes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.