‘Aanvullende eksamens sal vergoed vir swak uitslae’

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê aanvullende eksamens sal gebruik word om te vergoed vir die daling in die matriek slaagsyfer, het RSG berig.

Dit volg nadat sy bekend gemaak het dat die 2014 slaagsyfer met 2,4% tot 75,8% gedaal het. Sy het ‘n beroep op provinsies gedoen om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat leerders dié eksamens slaag. Die eksamens word in Februarie en Maart geskryf.

Motshekga sê die leerders wat van graad 11 na graad 12 deurgesit is, moet moet nie die skuld kry vir die daling in die 2014 matriek-slaagsyfer nie.

Die leerders is deurgesit ten spyte van besware van skole. Mosthekga sê sommige van dié leerders het baie goed gedoen.

Die daling in die slaagsyfer vir die 2014 matriek-eindeksamen is die eerste daling in vyf jaar.

Die onderwysersvakbond, Sadou sê die departement van basiese onderwys moet dieselfde klem op ander grade plaas as wat op matriek geplaas word. Die vakbond het gereageer op die aankonding dat die 2014 matriek slaagsyfer gedaal het.

Sadou sê die daling kan daaraan toegeskryf word dat onderwysers nie opgelei is om die nuwe CAPS-leerplan te implementeer nie.

Kommer is ook uitgespreek oor die onreëlmatighede wat by eksamensentrums voorgekom het.

Die minister het vroeër bekend gemaak dat verskeie eksamensentrums in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap wat van onreëlmatighede met die eksamen beskuldig is, na ondersoeke van blaam onthef is.

Die ondersoeke deur die department en Umalusi het bevind dat elf van die 39 sentrums in KwaZulu-Natal en 19 in die Oos-Kaap nie aan onreëlmatighede skuldig was nie.

Die oorblywende 28 sentrums in KwaZulu-Natal en 16 in die Oos-Kaap sal verder ondersoek word en ‘n verslag behoort teen einde van die maand beskikbaar te wees.

Nog elf sentrums in ander provinsies word ook vir onreëlmatighede ondersoek.

Die slaagsyfer vir wiskunde het met ses persent tot 53 persent gedaal.

Die direkteur-generaal van die departement, het ook bekend gemaak dat die slaagsyfer vir fisiese wetenskap van sowat 67 persent tot 61,5% in 2014 gedaal het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.