Jongste plaasmoord eis boer van Estcourt

Deel op

Die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Willies Mchunu, is glo geskok deur die moord op ʼn 69-jarige boer van Estcourt.

‘n Bende swart plaasaanvallers het Malcolm Green vroeg Maandagoggend in die maag geskiet.

“Die soort voorval moet ten sterkste veroordeel word,” het Mchunu aan Sapa gesê.

Volgens Mchunu kan die tipe voorvalle voedselsekerheid en sakevertroue in die provinsie ondermyn.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvallers het met die boer se voertuig gevlug.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof.

“Die verdagtes het glo Green se bakkie, selfoon, skootrekenaar en ander waardevolle items gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het,” het Mchunu gesê.

Die KwaZulu-Natal landbou-unie het sy kommer uitgespreek oor wat hy noem ‘n vlaag van plaasaanvalle in die provinsie.

Die unie sê vyf boere is dood en 25 beseer in onlangse aanvalle in die provinsie. Die woordvoerder, Koos Maiias sê die regering moet meer doen om boere te beskerm.

Hy sê die land se voedselprodusente word vermoor en van hulle grond gedryf en dit is iets wat die land nie kan bekostig nie. Maiias sê patrollies in plattelandse gebiede moet verskerp word.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.