Vrystaat maak reg vir moontlike grondbesettings

Deel op

Vrystaat Landbou het gesê die polisie in die provinsie het die versekering gegee dat hy gereed is om enige onwettige grondbesettings of die betreding van plase te hanteer.

Die voorsitter van VL se wet-en-ordekomitee, Tommie Esterhuyse, sê VL en die polisiebestuur het op ’n gesamentlike vergadering dreigemente van grondbesetting bespreek wat op die onlangse kongres van Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters in Bloemfontein gemaak is.

Esterhuyse sê VL en die polisie het hulle op dié hoëvlakvergadering albei weer tot landelike veiligheid en gereelde skakeling en nouer samewerking verbind.

Die polisie het kommer uitgespreek oor onwettige buitlanders wat deur boere in diens geneem word en boere gevra om dit ter wille van veiligheid te staak.

VL doen ook ’n beroep op boere om goeie verhoudings met polisiebeamptes te bou en om by plaaslike veiligheidstrukture in te skakel.

Bron: Bloemfontein Courant

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.