Gesteelde selfone neem wraak

ImageGesteelde selfone word nou geleer om teen diewe te draai, deur boodskappe te stuur van waar hulle is en deur die regmatige eienaars toe te laat om na die oproepe van die skelms te luister.

Maverick Mobile het toekennings gewen by 'n onlangse DEMO-byeenkoms van 72 maatskappye in suidelike Kalifornië deur sagteware bekend te stel wat die eienaar toelaat om die gesteelde foon te kan opspoor en die diewe te kan teister.

"Nadat ek twee fone verloor het, het ek deur baie ongelukkigheid en spanning gegaan," het Sujit Jian, die stigterslid van Maverick gesê by die bekendstelling van Secure Mobile.

Die verliese en daaropvolgende werk het 'n produk die lig laat sien wat nie net die toestel sal beskerm nie, maar ook die data wat op die foon is, deur middel van sagteware wat op die foon se hardeware installeer en nie net op die sim-kaart wat verwyder kan word nie.

Die toepassing werk onsigbaar in die agtergrond in selfone, terwyl dit kontaknommers en ander data kodeer wanneer skelms nuwe sim-kaarte in die gesteelde foon sit.

Die sagteware trek ook kontaklyste van die toestelle af en stuur nuwe simkaart-nommers en liggingsdata aan mobiele telefone wat deur die regmatige eienaars aangewys is. Daarmee saam word nommers wat die dief skakel en enige teks boodskappe ook na die aangewese foon gestuur. Verder word dit ook op so manier gedoen dat die kostes vir die aksies deur die skelm betaal word.

Eienaars van die gesteelde fone beskik ook oor die vermoë om die foon te sluit of 'n alarm te laat skree, wat weer sal begin skree as die battery gelaai of vervang word.

Secure Mobile is 'n "Demogod" toekenning gegee vir een van die beste produkte op die skou. Deur die sagteware aan die foon eerder as aan die simkaart te koppel kan Maverick die foon opspoor en die kliënt die vermoë gee om die dief te teister, sodat hy dalk nie weer so aksie sal herhaal nie.

Daar is verskeie mobiele sekuriteitsprodukte en –dienste wat 'n toestel kan sluit of die data kan herwin, maar Maverick Mobile is die eerste een wat beide doen en ook aan die kliënt die satisfaksie gee deur wraak te neem op die dief wat hardverdiende goedere steel.

Yougetitback.com het Maandag 'n diens bekend gestel wat mense toelaat om die ligging van 'n foon te kan vasstel deur middel van ingeboude GPS-vermoë van die foon of deur die ligging uit te werk deur die selfoontorings waar die foon is te identifiseer.

Die betrokke Amerikaanse maatskappy spesialiseer daarin om mense se gesteelde skootrekenaars, slim-fone, i-Pods en ander elektroniese toerusting terug te kry.

 
Die hoofuitvoerendebeampte van Yougetitback.com, Frank Hannigan, sê dat die vermoë om goedere wat dalk verplaas is of gesteel is te kan terugkry vir mense meer gerustheid kan gee.

As voorbeeld, kan 'n gebruiker in New York uitvind dat die verlore item dalk in Texas of Kalifornië is en kan hy die foon per afstandbeheer sluit, nadat Mobile Superhero die foon opgespoor het.

Mobile Superhero is 'n internetgebaseerde toepassing wat die spoor van die toestel hou, selfs nadat die sim-kaart van die toestel vervang word met 'n nuwe een.

сканер автомобильныйтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.