Litaue het gister op Nuwejaarsdag na die euro oorgeskakel en die jongste Baltiese land geword wat Europa se geldeenheid aanvaar het.
Die euro-sone het sy 19de lidland gekry terwyl vuurwerke die einde van ’n jaar afgesluit het wat gekenmerk is deur kommer oor die VSA se rol in die konflik in die Oekraïne en sy ekonomiese krisis.
Premier Algirdas Butkevicius het kort ná middernag sy eerste 10 euro-noot van ’n kontantmasjien in die hoofstad, Vilnius, onttrek.
Vir Litaue, wat vir dekades onder Sowjet-besetting gebuk gegaan het, is die toetrede tot die euro-sone ’n belangrike stap en ’n simbool van groter politieke en ekonomiese integrasie met die Weste, het Litaue se president, Dalia Grybauskaite, gesê