BBC swig voor koninklike druk

Deel op

Die Britse uitsaaikorporasie (BBC) word daarvan beskuldig dat dit onder druk van die koninklike familie besluit het om nie ’n kontroversiële dokumentêre program, Reinventing The Royals, uit te saai nie, het AFP berig.

Die tydskrif Radio Times, wat die storie gebreek het, voer aan regsverteenwoordigers van die koninklike familie het ter elfder ure ingegryp. BBC-base het geswig en besluit om die uitsending te kanselleer.

In ’n verklaring sê die BBC daar is besluit om die uitsending wat vir Sondag 4 Januarie geskeduleer was, “uit te stel tot later in die nuwe jaar om ’n aantal kwessie, insluitende die gebruik van argiefmateriaal, op te los”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.