Sasolburgse plaasmoordenaars steeds soek

Deel op

Die Sasolburgse polisie soek steeds na die moordenaar van Johan Fourie, wat buite sy huis op ‘n plaas in die Taaibosch-distrik doodgeskiet is.

Polisiewoordvoerder Livhuhani Hani sê die 67-jarige Fourie en sy vrou was Woensdagmiddag in hul huis toe sy ‘n verdagte buite gewaar. “Die slagoffer het toe na buite gegaan om uit te vind wat aan die gang is. Hy is in die bolyf geskiet en is op die toneel dood verklaar,” sê sy.

Hani sê die verdagte is gewapen en word as gevaarlik beskou.

Volgens Vrystaat Landbou se Tommie Esterhuyse was Fourie ‘n vragmotorbestuurder vir ‘n vooraanstaande boer in die Wolwehoek-distrik. Fourie het ook op een van sy plase gewoon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.