Motordiewe pak Vrystaat

Deel op

Nog drie swart verdagtes is op Thaba Nchu in die Vrystaat aangekeer in verband met die moord op ‘n swarte wat op Oujaarsaand tydens ‘n motorkaping in Phahameng in Bloemfontein doodgeskiet is.

Twee swartes is vroeër op Nuwejaarsdag in besit van ‘n gekaapte VW Polo vasgetrek.

Die 27-jarige is vyf keer geskiet en sy vriendin is in die voorval gewond.

Die ander twee verdagtes is in Botshabelo, oos van Bloemfontein, gevang.

Hulle verskyn Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord en kaping, en ‘n vyfde in die hof op Botshabelo op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Polisiewoordvoerder Thandi Mbambo het bevestig dat twee mans, onderskeidelik 42 en 37 jaar oud, kort na middernag in G-seksie in Botshabelo in hegtenis geneem is.

Sy sê die polisie moes op die voertuig se bande skiet om te verhoed dat die vier insittendes wegkom met die motor wat die vorige oggend in Pahameng gekaap is.

Mbambo sê twee verdagtes het eers ontsnap.

Tydens die kaping is Sphiwe Mashiya doodgeskiet en sy 25-jarige vriendin lig gewond.

In ‘n ander voorval is drie Quantum-voertuie tydens ‘n gewapende rooftog by die Glen Landboukollege net buite Bloemfontein in die vroeë oggendure van Saterdagoggend gesteel.

Mbambo het die voorval bevestig. Sy sê vyf gewapende verdagtes het twee veiligheidswagte vasgebind.

Drie van die verdagtes het toe met die drie voertuie gevlug, terwyl die ander twee by die sekuriteitswagte gebly het en ‘n paar uur later vrygelaat het. Mbambo sê geen arrestasies is gemaak nie.

Volgens ‘n polisiebron is die voertuie na bewering oor die grens na Lesotho geneem in die vroeë oggendure, maar die owerhede in Lesotho kon dit nie bevestig nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.