2015: Wat kan Afrikaners doen?

Hier aan die begin van die nuwe jaar en terwyl die Desembervakansie in sy doodsnikke verkeer, is ‘n mens altyd vol moed vir die berge wat jy nog moet versit. Deesdae moet ‘n mens bloot om in Suid-Afrika te oorleef reeds daardie spreekwoordelike berge versit!

danr2Ek het voorheen al verwys na Jan Smuts wat gesê het dat Suid-Afrika se toekoms altyd vanuit die buiteland bepaal sal word. Dit is in ‘n hoë mate waar, maar tog ook nie heeltemal nie. Deur die geskiedenis het Afrikaners getoon dat al werk Engeland hoe hard om ons in ‘n rigting te dwing, soos om ons land te annekseer of Engels op ons af te dwing, ons nog altyd deur harde werk en verbeeldingryke optrede daardie funeste “invloed van buite” kon neutraliseer.

Hier skryf ek immers in Afrikaans wat, indien dit van Engeland of die Suid-Afrikaanse liberalisme afgehang het, nooit moes bestaan het nie! Toe die eerste Afrikaanse hoërskool in Johannesburg, Helpmekaar, net voor 1920 gestig is, het The Star in ‘n hoofartikel geskryf: “There is something rotten in the state of Denmark.”

In vele opsigte is die hedendaagse liberaliste reeds teen die toue. Hulle “veelrassige” utopie waarin ‘n gemengde mulatbevolking al dansend soos in SABMiller se bieradvertensies mekaar om die hals val, die onderbroekvlag swaai en Madiba, Madiba, Madiba… in al die kerke, sinagoges en moskees prewel, is toenemend besig om te misluk. Elders vandag skryf Leon Lemmer oor die letterkundige en digter TT Cloete wat olangs vir die Europese beskawing in die bres getree het. Sulke uitlatings moet die liberaliste (om van die marxiste en kommuniste nie te praat nie!) die horries gee. Daar is twee dinge wat vir hulle verkeerd is aangaande die begrip, “Europese beskawing”: die woord “Europees” en die woord “beskawing”. Beide begrippe is in die hoofstroommedia en aan die universiteite volledig gediskrediteer. Alles is genivelleer. Rembrandt is gelyk aan die kralewerk wat enige landelike swart vrou kan produseer. Die grootste argitektuur wat ons blankes in dié land geskep het – en wat deesdae feitlik voor die voet deur die ANC en sy liberale meelopers gesloop word! – is nie beter as ‘n plakkershut wat met ‘n paar sinkplate aanmekaar gelap is nie.

Die ironie is dat die hoofstroommedia vandag téén die ANC skryf en praat. Hul geliefde ANC en SAKP wat ons land onder leiding van Joe Slovo en die “goddelike” Mandela sou kom verlos, is geweeg en te lig bevind. Wat nou?

Eintlik beskik die liberaliste oor geen antwoorde meer nie. Wet en orde stort in duie; die ligte gaan af as Eskom se hoogs besoldigde “ingenieurs” sonder kwalifikasies maar Gods water oor Gods akker laat loop; die matriekslaagsyfer daal nadat hy eers “wonderbaarlik” gestyg het; die rand verswak al hoe meer, ens.

slangenbezweerder6Die liberalis se enigste strategie is ‘n hernieude “anti-apartheidstryd”. Hy (of soms veral sy) skaduboks teen die apartheidspook wat gereeld soos met die fluit van ‘n Indiese slanggoëlaar weer opgetower word. Alle linkses verlang na die goeie ou dae van apartheid toe daar nog goedkoop, betroubare elektrisiteit was en jy PW geredelik kon slegsê in die wete dat die Amerikaanse en Britse media aan jou kant was.

Vandag is dinge baie meer gekompliseerd. Amerika en Brittanje maak een oorlog na die ander in ‘n vergeefse poging om die opkoms van China as ‘n wêreldmoondheid te verhoed. Deur hul nuwe koue oorlog het hulle Rusland in ‘n alliansie met China gedwing en sodoende Europa nogmaals tussen Oos en Wes verdeel. Die VSA, nes Suid-Afrika, streef ‘n mulat-ryk na waarin blankes as ras, kultuur en beskawing uitgefaseer sal word en swartes of rasgemengdes ‘n polities korrekte baasskap sal afdwing.

Oor die groter konflik wat daarbuite in die noordelike halfrond woed, kan ons per definisie nie veel doen nie. Daar geld die Smuts-beginsel: wat ook al die uitkoms van die stryd tussen die VSA en Rusland, of dié tussen Israel en die Arabiere, sal ons die gevolge moet dra.

Maar dit sou dom wees van Afrikaners om nie, noudat die “Suid-Afrikaanse” (eintlik Anglo-Amerikaanse of Afro-Saksiese) stelsel begin wankel, nie ook ‘n paar goeie houe in te kry nie. ‘n Mens weet nooit, miskien vel ons tog die sikloop neer en smaak ons weer die vryheid waarvoor ons voorouers so hard gestry het.

Elke Afrikaner en middelklasblanke wat nog waarde aan ons beskawing en norme heg, moet dink aan wiele, speke en stokke. Solank jy iewers ‘n stok in die wiel kan wees, maak jy ‘n bydrae. Vergeet van die FW de Klerk-idee dat ons “die stelsel moet laat werk”. Hierdie stelsel kán nooit werk nie, al probeer elkeen sy bes. Dis baie nader aan die kommunisme wat sewentig jaar lank die helfte van Europa en groot dele van Asië op sy knieë gehad het as wat meeste mense besef. Dus, hoe meer krisisse die liberaliste en hul geliefde ANC van nou af aan beleef, hoe beter.

Breek die Berlynse Muur af; moenie sy gate toestop nie. Word deel van die kontrakultuur.

aweregs

Hier is ‘n lysie van dinge wat elkeen kan doen om sosiopolitieke verandering in Suid-Afrika te verhaas en Afrikaners weer ‘n sê te gee.

  1. Dring aan op Afrikaans. Ons taal is ‘n las op die staat en anti-blanke maatskappye soos Woolworths, daarom wil hulle daarvan ontslae raak en alles verengels. Maak hofsake oor Afrikaans en appelleer tot by Oom Daantjie in die kallerhok, ook na internasionale tribunale soos die Statebond, Europese Unie en die Verenigde Nasies.
  2. Produseer boeke en musiek in Afrikaans. Sodoende groei die Afrikaanse kultuurekonomie waar regstellende aksie moeilik toegepas kan word. Uit die kultuurekonomie spruit weer ‘n hele ander ekonomie wat boere en verbruikers in ‘n nuwe alliansie kan verenig, buite die staat en groot monopolieë wat ons uitbuit en met politieke korrektheid wil vernietig.
  3. Verhoog die druk op die staat oor misdaad en geweld. Die hele internasionale beweging teen “wit volksmoord” is ‘n positiewe verwikkeling, al word dit soms deur verregses en neo-Nazi’s gekaap. Die blote feit dat blankes elders ter wêreld omgee oor wat met wittes in Suid-Afrika gebeur, is amper al ‘n wonderwerk, gegewe die haat wat die liberaliste plaaslik en oorsee reeds jare lank oor ons uitspuug.
  4. Beveg die liberaliste waar jy ook al kan: op jou skoolbeheerraad, in die media, op die internet, in boeke, briewe en op sosiale media. Die groot rede waarom Afrikaners in die negentigerjare gekapituleer het, is omdat hulle vyandsbeeld afgetakel is. Ons vyande het skielik ons “vriende” geword waarmee ons moes “versoen”, terwyl ons vyande natuurlik in hul mou oor hul “slim strategie” gelag het. Elke stryd het ‘n vyand nodig. Die liberalis met sy kopdoek en sy renons in wit-wees, Beethoven, Standaardafrikaans, wiskunde en logika is die vyand. Kultiveer jou vyand, maak hom kwaad, terg hom en lok hom uit dat hy sy vriendelike masker kan afsmyt en hom in al sy naakte boosheid kan onthul.
  5. Skep kleinsake, veral op die internet en wat globaal kan handeldryf. Regstellende aksie is besig om die staat en die groot maatskappye in ‘n groot polities korrekte welsynsorganisasie om te tower wat ons almal se hulpbronne opslurp. Dis kommunisme met ‘n rassesous. Al skep jy net een werkgeleentheid vir jouself, het jy reeds ‘n groot slag teen die heersende orde geslaan, wat jou werkloos en ‘n wit plakkerskamp wil sien krepeer. Soos wat ons egter meer en meer met mekaar begin sake doen, asook met ander lande, sal ons ekonomie buite die beheerde SEB-ekonomie begin groei en sal ons ekonomies onafhanklik wees nog voordat ons polities onafhanklik raak.
  6. Betaal so min as moontlik belasting. Ek weet dis makliker gesê as gedaan, veral as mens ‘n salaristrekker is. Koop egter liewer ‘n tweedehandse motor as ‘n nuwe motor, dan betaal jy nie BTW nie. As jy ‘n nuwe motor van R300 000 koop, skenk jy R42 000 aan die ANC-bewind! Ry liewer ‘n tweedehandse motor wat jy deur ‘n betroubare mede-Afrikaner laat versien. Só spaar jy geld en sit jy kos op die tafel vir iemand anders.
  7. Draai jou sente om. Die Suid-Afrikaanse verbruikerskultuur met winkelsentrums wat soos paddastoele oral verrys, is op die duur nie vir ons voordelig nie. Ons produseer al hoe minder en waar eens fabrieke was, is nou net pakhuise vol ingevoerde Chinese goedere.
  8. Onttrek uit die Engelse onderwyssektor. Te veel Afrikaners werk steeds in onderwys en opleiding wat deur medium van Engels geskied. Terwyl Afrikaners deur regstellende aksie van onderwysgeleenthede – veral aan die universiteite – uitgesluit word, word ons mense aangewend om die nuwe onderdrukkersklas van twyfelagtige grade te voorsien! Raak eerder betrokke by die entrepreneuriële en globale ekonomie of lei Afrikaners op om ons sterker te maak en die vyand swakker.
  9. Bly aan die lewe. Beveilig jou woonbuurt of trek na ‘n goeie veiligheidsbuurt. Raak betrokke by buurtwagte, plaaswagte en ander gemeenskapsveiligheidsaksies. Blanke volksmoord is vir seker deel van die links-liberale strategie, in Suid-Afrika, maar ook elders ter wêreld. Hoe meer Afrikaners uitgemoor word, hoe minder die gevaar dat die liberalis se geplunder van die staat en die land se hulpbronne ooit gestuit gaan word.

Bogaande is ook so min of meer waarmee PRAAG hom vanjaar op allerlei maniere sal besig hou. Terwyl die magtige Naspers die Afrikaner versaak het om hom aan liberale propaganda en die Kaapse bruines te wy, sien ons ‘n groot geleentheid om Afrikaans-wees in die een-en-twintigste eeu te herbevestig, maar ook te vernuwe. Daar is ‘n nuwe wêreld wat wag, anderkant politieke korrektheid en gewillige ondergang.

Persoonlik is ek baie opgewonde oor wat in 2015 vir ons voorlê. “Soet is die stryd vir die stryder,” soos ID du Plessis gesê het. En dis nie net ‘n fisieke stryd nie, maar veral ook ‘n intellektuele en ekonomiese stryd.

Aanval is die beste geweer, soos die spreekwoord lui. Of soos my gunstelingtoneel uit die Bloemfonteins gebore JRR Tolkien (wat waarskynlik Afrikaans magtig was) se Lord of the Rings ook uitbeeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.