Plaasmoord buite Sasolburg

Deel op

In die jongste voorval van plaasmoorde, is ʼn 67-jarige man op ʼn plaas naby Sasolburg in die Vrystaat doodgeskiet.

NUUT!

‘n Woordvoerder van die SA Polisiediens, Lt. Livhuhani Hani, het gesê dat die man en sy gade ʼn huis op die plaas huur. Die vrou het glo Woensdagaand deur die huis se venster geloer en ʼn indringer gesien.

“Die man het na buite gegaan om uit te vind wat aangaan en is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood,” sê Hani. “Niemand anders is beseer nie en niks is gesteel nie. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.