Suid-Afrikaners sterf soos vlieë op die paaie

Deel op

Volgens die minister van vervoer, Dipuo Peters, is daar reeds 924 noodlottige padongelukke tot op 28 Desember aangemeld. In KwaZulu-Natal was daar 211 ongelukke waarin 249 mense dood is. In Gauteng was daar 156 noodlottige ongelukke waarin 174 mense omgekom het. In die Oos-Kaap was daar 129 noodlottige ongelukke waarin 161 mense die lewe gelaat het.

Die totale aantal sterftes in al dié ongelukke beloop “minstens 1 143 mense”.

In Limpopo was daar 106 noodlottige ongelukke waarin 138 mense dood is terwyl daar in Mpumalanga 90 ongelukke was waarin 110 mense dood is. In die Vrystaat was daar 63 noodlottige ongelukke waarin 95 mense dood is en in die Wes-Kaap was daar 78 noodlottige ongelukke waarin 91 mense dood is.

Peters sê dat daar 50 minder noodlottige ongelukke en 25 minder sterftes as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was. Sy meen egter dit is “kommerwekkend dat daar sedert 23 Desember ʼn toename was in die aantal ongelukke en sterftes”. Daar was van 1 Desember tot 23 Desember 539 noodlottige ongelukke waarin 677 mense omgekom het.

Peters meen dit is “opvallend dat 31% van noodlottige ongelukke tussen 22:00 en 06:00 plaasvind”. Sy het gesê daar is teen 28 Desember reeds 415 mense vir spoedoortredings in hegtenis geneem. Die vinnigste spoed wat aangeteken is, was 265 k.p.u. in die Vrystaat. Minstens 904 mense is reeds vir dronkbestuur aangekeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.