Nog lande sluit by soektog na AirAsia-vlug aan

Deel op

Die lugsoektog na die Air Asia-vliegtuig met 162 mense, wat oos van Java verdwyn het, sal Dinsdagoggend voortgaan.

Daar is nog geen aanduidings van waar die vliegtuig kon geval het nie.

Twee oliekolle is in die see opgemerk, terwyl ‘n Australiese vliegtuig drywende voorwerpe honderde kilometer verder gewaar het.

Meer as vyftien vliegtuie en 30 skepe neem vir die derde dag aan die soektog deel.

Die hoof van die Indonesiese Nasionale- en Soek-agentskap glo dat die vliegtuig iewers ter see geval het.

Lugverkeerbeheer het kontak met vlug QZ8501 verloor sowat ‘n uur nadat dit Sondag by die Juanda Internasionale Lughawe in Surabaya opgestyg het.

Nog lande gaan by die soektog na die vermiste passasiersvliegtuig van Air Asia aansluit, nadat die Amerikaanse vloot Dinsdag aangekondig het dat hulle aan die soektog in die Java See gaan deelneem.

Daar sal egter ook op land gesoek word. Minstens 21 vliegtuie en 30 skepe van lande soos Indonesië, Australië, Maleisië, Singapoer en Suid-Korea help reeds met die soektog oor ‘n gebied van sowat 10 000 vierkante seemyl.

China sal ook aan die soektog deelneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.