AirAsia-vliegtuig vermoedelik op seebodem

Deel op

Daar word vermoed dat die vermiste AirAsia-vliegtuig van vlug QZ8501 wat Sondag tussen Surabaya en Singapoer verdwyn het, op die bodem van die see verkeer. Die soektog daarna word vanoggend voortgesit.

Die lugredery het verklaar dat hy alle pogings steun om die vliegtuig te vind en sy volle samewerking bied.

Die lugredery het bevestiging ontvang van die Nasionale Soek- en Reddingsagentskap van die Republiek van Indonesië (Basarnas) dat ʼn internasionale opsporings- en reddingspoging van Indonesië, Singapoer en Maleisië geloods is.

AirAsia het intussen ʼn regstelling uitgereik oor die nasionaliteit van die passasiers en bemanning aan boord van vlug QZ8501. Een van die passasiers is van die Verenigde Koninkryk, een van Singapoer, een van Maleisië, drie van Suid-Korea, en 149 van Indonesië. Een van die bemanningslede is van Frankryk en ses van Indonesië.

Die vliegtuig is ʼn Airbus A320-200 met die registrasienommer PK-AXC. Dit het soek geraak nadat die kaptein, wat oor 20 537 vlugure se ervaring beskik, versoek het om die vlugroete  weens gure weersomstandighede aan te pas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.