Geseënde Kersfees aan al ons lesers en ondersteuners

Deel op

Namens almal by PRAAG wens ons u ‘n geseënde Kersfees toe en hoop dat u ‘n aangename dag saam met u familie sal deurbring. In vandag se polities korrekte wêreld is dit al amper omstrede om so ‘n wens uit te spreek, want is Kersfees dan nie ‘n christelike fees en daarom aanstootlik vir nie-christene soos Moslems, Jode en aggressiewe ateïste nie? En wat van die gesin met ‘n heteroseksuele vader, moeder en kinders wat ook daagliks in die hoofstroommedia afgekraak word en liefs voor ander vorme van samesyn moet wyk, wat strek vanaf poligamie tot huwelike van dieselfde geslag?

geseende_kersfees_by_charmedwolfgirl-d4k5ungTroos u egter daaraan dat sommige tradisies nie deur die tyd agterhaal word nie. Kersfees, hoe seer dit ook deur Mammon en die eenwêreldgeloof vergiftig word, is een daarvan. Ons Afrikaners het egter ‘n unieke manier om Kersfees te vier, hier in ons warm somerklimaat wat so anders as die sneeubedekte “wit Kersfees” is in die koue waar ons voorouers vandaan kom.

En as u op 25 Desember vir u Kersete aansit, dink gerus ook aan al ons mede-Afrikaners wat weer die armoede van die 1930’s ervaar en vandag in plakkerskampe of in houthuisies in agterplase hul Kersfees deurbring, danksy die eiewaan van Afrikanerpolitici wat in die verlede die wêreld terwille wou wees, maar nie hul eie mense nie.

Uit hierdie ietwat ironiese gedig van D.J. Opperman spreek iets van ons soort “Kersfees in Afrika” en die nederigheid wat daarmee gepaard behoort te gaan.

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,

hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met ‘n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op ‘n plakkie, ‘n klip, ‘n syferfontein,

oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar ‘n kersie brand in ‘n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.

Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir ‘n kindjie wat ook dié volk sou red …

Oor die hele affêre het uit ‘n hoek
‘n broeis bantam agterdogtig gekloek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.