Nuwe boek werp lig op ANC se terreurveldtog

Deel op

‘n Nuwe boek werp lig op ‘n sogenaamde ‘n mislukte operasie om ANC-leiers te vermoor in ballingskap.

Die boek wat pas in Brittanje verskyn het, Iron Fist from the Sea: South Africa’s Seaborne Raiders 1978-1988, vertel hoe skilderye met plofstof gelaai, sou gebruik word.

Die vliegtuig vol spesmagsoldate wat die “gelade” skilderye sou aflewer het egter in mistige weer omgedraai.

Dit is een van die dosyne verrassende onthullings waarin besonderhede van bedrywighede van ‘n geheime Suid-Afrikaanse Weermag-eenheid in die 70’s en 80’s oopgevlek word.

Baie min van die lede was ouer as 25. Hule moes onder uiters moeilike omstandighede, lang afstande en min bystand, die ANC se terreurveldtog stuit.

Hoewel die aanval op die ANC-leierskap in ‘n boskamp in Tanzanië afgelas is, was dosyne ander missies suksesvol, insluitend ‘n aanval op ‘n olie-raffinadery in Luanda asook die bombardement en sink van sewe skepe.

Die boek vertel ook hoe twee Suid-Afrikaanse recce’s Thabo Mbeki in ‘n restaurant in Dar es Salaam afgeluister het. Mbeki was ‘n ontwykende en sentrale figuur in die terreurveldtog.

Die skrywers van die boek is luitenant-kolonel Douw Steyn en skout-admiraal Arne Söderlund, twee SAW-offisiere.

Dit onthul van die bedrywighede van een van die mees gevreesde SAW-spesmageenhede,  4 Reconnaissance Regiment – “4 Recce” – ‘n eenheid wat saam met die vloot teikens so ver as Cabinda in Angola naby die mond van die Kongorivier getref het.

Steyn en Söderlund was meer as vyf jaar saam lede van die eenheid, wat digby Langebaan, noord van Kaapstad, gestasioneer was.

Hulp is ook verkry van Russiese veterane om ‘n akkurate weergawe te verseker.

“‘n Klein aantal ex-SAW-lede was nie gelukkig oor die boek nie, maar ons het gevoel dat die geskiedenis aangeteken moes word, en het geweet dat al die bedrywighede uitgevoer is met behoorlike politieke goedkeuring en toesig en streng beheer,” sê Söderlund.

Die boek is ook gebaseer op die skrywers se persoonlike ervaring. Steyn was operasionele bevelvoerder van die 4 Recce-groep en Söderlund was later Suid-Afrika se militêre attaché in Londen en betrokke in die oprigting van die post-apartheid vloot.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.