Nog ‘n vragmotor ploeg tussen Kersinkopers in

Deel op

‘n Vragmotor wat tussen voetgangers in Glasgow, Skotland ingeploeg het, het die dood van ses mense veroorsaak.

Die ongeluk was by George Plein wat Glasgow se grootste inkopiesentrum is, en waar ‘n kermisspeelgrond en ysskaatsbaan ook ingerig is vir die feesseisoen.

Skotse polisie het dit as ‘n ongeluk beskryf, en geen sabotasie word vermoed nie, maar dit is die vyfde ongeluk nadat vier soortgelyke onlangse voorvalle met jihadiste en rasseonluste in Frankryk en die VSA verbind is.

Daar was reeds drie soortgelyke jihadistiese aanvalle in Frankryk in drie dae.

In Nantes is ‘n dosyn mense beseer, waarvan vyf ernstig, nadat ‘n wit afleweringswa Maandagaand by Place Royale, by die Kersmark in mense ingeploeg het.

Agt is ernstig beseer toe die vullisverwyderingslorrie mense in Glasgow omgery het wat besig was om hul Kersinkopies te doen.

‘n Geskokte ooggetuie het twee kinders, waaronder ‘n baba in ‘n stootwaentjie, onder die vragmotor sien beland.

Die vragmotor het vir sowat 300 meter ver deur mense geploeg langs die Gallery vir Moderne Kuns voordat dit teen die Millenium Hotel gebots en tot stilstand gekom het.

Die stadsraad se voertuig het die Millennium-hotel naby Queenstraatstasie in George-plein na middagete getref.

Die polisie in Skotland het gesê dit is te vroeg om die voorval met terreur te verbind, aangesien ‘n ondersoek eers gedoen sal word.

Ooggetuies het gesê die bestuurder het bo-oor die stuurwiel gelê. Hy het moontlik beheer verloor oor die vragmotor.

Een van die ooggetuies het gesê Kersinkopies het regoor die straat gestrooi gelê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.