Eerste sooie vir Nicaragua-kanaal omgespit

Deel op

Dit kan een van die mega-projekte van die 21ste eeu word vir die sowat ses miljoen mense in Nicaragua wat in uiterste armoede leef.

Die 300-kilometer-lange Nicaragua-kanaal wat die Karibiese See met die Stille Oseaan verbind, sal 100 jaar na die voltooiing van die Panamakanaal, die tweede kanaal deur die Sentraal-Amerikaanse vasteland wees.

Die Chinese maatskappy Hong Kong Nicaragua Kanaalontwikkeling (HKND) is van voorneme is om $40 miljard te belê in die projek, met die eerste skepe wat op die kanaal sal vaar teen 2019.

HKND het die gerespekteerde Britse raadgewende firma Environmental Resources Management sowat ‘n jaar gelede aangestel om die omgewings- en sosiale impak wat na verwagting 29.000 mense sal verplaas, te assesseer.

Nicaragua het Maandag ‘n sooispitseremonie gehou vir die skeepskanaal-projek.

Die kanaal sal na verwagting met die Panama-kanaal meeding en die ekonomie van die tweede armste land in die Amerikas ‘n hupstoot te gee.

Nicaragua se regering sê die kanaal van 278 kilometer lank, kan ekonomiese groei met meer as tien persent per jaar verhoog.

Die kanaal sal China ‘n ekonomiese houvas op die Amerikas gee.

‘n Woordvoerder van Nicaragua se president, Daniel Ortega, het dit beskryf as ‘n “groot Kersgeskenk” vir sy mense.

Die konstruksie sal aanvanklik 50.000 werkgeleenthede skep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.