Alonso wen in donker

Deel op

19:34:11 Die formule-een-Grand Prix van Singapore was 'n nuwe ervaring vir meeste van die bestuurders, maar ná 'n hele klomp voorvalle op die

Image

Fernando Alonso

baan het die Spanjaard Fernando Alonso in sy Renault die wenstreep oorgesteek. Nico Rosberg in sy Williams en Hamilton in die Mclaren was onderskeidelik tweede en derde.

Deel op

Alonso het die eerste keer sedert Italië weer op die podium gestaan. Hy het wel in die 15de plek weg gespring, maar het sy 20ste loopbaanoorwinning  2,95 sekondes vinniger as Rosberg behaal. Besoeke aan die kuipe het 'n groot rol gespeel en daar was drama in die kuipe toe Massa met die brandstofpyp nog in die motor weggetrek het.

Raikkonen het met die reling gebots met net 4 rondtes oor en Piquet het ook hard kennis gemaak met een van die relings nadat hy te vinnig uit 'n draai gekom het. Coulthard het ook met die brandstofpyp weggetrek en een van die kuipemanne onderstebo gestamp.

Nog jaers het van die baan getol en die wedren is nie minder as drie keer deur sulke voorvalle tot stilstand gebring nie. Alonso het uiteindelik geskiedenis gemaak om die eerste nagwedren ooit te wen.

или насоснаяtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.