Supermarkkluis in Springs opgeblaas

Deel op

Image10:38:51 'n Bende swaargewapende mans het met ‘n onbekende bedrag geld weggekom nadat hulle ‘n kluis by ‘n supermark in Springs opgeblaas het, het die polisie vanoggend berig.

Deel op

Kaptein Johannes Ramphora sê ‘n bende van agt mans het vier sekuriteitswagte omstreeks 2-uur vanoggend vasgebind, voordat hulle deur die dak van die Pick 'n Pay ingegaan het, waar hulle die kluis opgeblaas en ‘n groot hoeveelheid geld geneem het.

Volgens Kaptein Ramphora is ‘n klag van roof en nog ‘n klag onder die plofstowwewet geopen.

‘n Paar polisie-eenhede span saam om die saak te ondersoek, het hy verder bygevoeg. 

детская железная дорога киевФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.