Britse banke vra regeringsbystand

Deel op

Britse banke gaan vra dat die regering hulle uithelp met verliese wat voortsspruit uit die nypende krediettekort. Daar is selfs sprake van die skepping van 'n regeringsbank wat lae-waarde bates en verbandgesteunde sekuriteite kan oorneem. Gordon Brown ontken egter die beweringe.

Deel op
Hy het aan die BBC gesê dat hy likiditeit gaan verhoog om die wêreldwye finansiële krisis die hoof te bied. Hy het gesê die Britse bankstelsel is kleiner as die Amerikaanse een en daarom kan dieselfde plan nie werk nie. Hy het bygevoeg dat die VSA se $700 miljard hulppakket iets "werklik unieks" is.

Die ekonomiese afswaai in Brittanje is besig om te versnel. George Magnus, 'n senior ekonomiese adviseur by UBS in Londen, het aan Bloomberg Televisie gesê dat die verbandmark morsdood is en dat die regering drasties iets sal moet doen. Die Bank van Engeland het meer as £100 miljard beskikbaar gestel en sal nog fondse gee om die krisis te bestuur.

Regeringsamptenare van die Tesourie, die Bank van Engeland en die Finansiële diensteraad is daagliks met mekaar in verbinding om die stelsel te probeer stabiliseer. Bradford & Bingley, die grootste huisverbandverskaffer, se aandele het Vrydag na benede getuimel. Royal Bank of Scotland, Brittanje se grootste bank ná HSBC, het besnoei op lenings om kapitaal op te gaar.

"Daar heers 'n ernstige krisis in die geldmark," sê Neil MacKinnon, hoofekonoom van die ECU Groep in Londen en voorheen 'n werknemer van die Britse Tesourie. "Die VK sal by die VSA moet gaan kers opsteek en kom met 'n regeringshulpplan."

Crystal Luxtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.