Olielande blameer nie-OPUL lede vir olieprys

Deel op

Saoedi-Arabië sê hy sal nie olieproduksie verminder om markte te steun nie, het RSG berig.

Dit is een van die duidelikste aanduidings tot nog toe dat die wêreld se grootste olie-uitvoerder nie van plan is om die mark te hulp te snel wat sy grootste krisis in jare beleef nie.

Die land se olie-minister, Alial-Naimi sê oliepryse behoort teen die tweede helfte van aanstaande jaar te verbeter.

Hy plaas die skuld vir die lae olieprys op spekuleerders en die gebrek aan samewerking tussen nie-OPUL-lede.

Saoedi Arabië se standpunt word ondersteun deur die Verenigde Arabiese Emirate wat produsente gevra het om hul produksie onveranderd te laat.

Die olieprys het tot bykans die helfte van die prys ses maande gelede gedaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.