Een persoon is dood en die vrees bestaan dat ander onder die puin vasgekeer of moontlik dood is, nadat ’n vyfverdiepinggebou in Nairobi Woensdag ineengestort het.
Sewe mense is lewendig uit die puin gered.
Vanweë die hoë aanvraag na behuising in Nairobi, systap sommige eiendomsontwikkelaars bouregulasies ten einde koste te bespaar en hul wins te vermeerder.
Die vyf-verdieping residensiële gebou het Woensdag naby die Makongeni-polisiestasie in Nairobi meegegee.
Meer as 30 gesinne het reeds vroeër in die gebou ingetrek wat nog onder konstruksie was en huurders het die grond, die eerste en tweede verdieping beset.
‘n Koerant van die Nation Media Group Publications, die Business Daily het berig dat die meeste geboue in die Eastlands-gebied nie ‘n aardbewing sal oorleef nie.
Dié bevinding is in ‘n verslag gepubliseer deur deur Raul Figueroa van die Carnegie Mellon Foundation gedoen is wat aangedui het dat 3 uit 4 geboue ernstige skade in die geval van ‘n aardbewing sal oorhou.
China se verskaffer van konstruksiemasjinerie, XCMG, het Woensdag die reddingsoperasie gelei.