Vier vas oor boikotveldtog teen Woolworths

Deel op

Vier mense is in Claremont, Kaapstad by die Cavendish-winkelsentrum in hegtenis geneem omdat hulle as deel van ‘n boikotveldtog teen Woolworths betoog het.

Die veldtog teen Woolworths is weens hul voortgesette handel met Israel ná die oorlog in Gasa.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans en ‘n vrou is Saterdag in hegtenis geneem op aanklag van intimidasie, betreding en die oortreding van ʼn hofbevel.

Erwin Arrison, voorsitter van die National Coalition for Palestine (NC4P), het gesê vier lede van die Action Forum for Palestine (AF4P), is in hegtenis geneem.

“Volgens berigte het Woolworths die SAPD ontbied om die #BoycottWoolworths-aktiviste in hegtenis te neem. Woolworths het hulle valslik daarvan beskuldig dat hulle lede van die Boycott, Divestment and Sanctions in South Africa (BDS) is en dat hulle ‘n hofbevel oortree het,” het Arrison aan Sapa gesê.

Volgens Arrison is die vier egter nie lede van BDS nie. “BDS het ingestem om te goeder trou nie in Woolworths-winkels te betoog nie weens die hofbevel. Die hofbevel is egter nie van toepassing op ander organisasies wat nie deel is van BDS nie.”

‘n Nagwaak sal buite Claremont-polisiestasie gehou word uit solidariteit met die vier.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.