Boer in lokval doodgeskiet

Deel op

‘n Boer, Freddie Tolman, 52, is Woensdag in die jongste plaasaanval buite Hartenbos in die Wes-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê Tolman het Woensdagoggend sy werkers gaan haal toe hy in ‘n lokval gery het.

Die aanvallers het ‘n stomp in die pad gerol, en ‘n groep van vermoedelik ses mans het op hom losgebrand toe hy aanhou ry het.

Pojie het gesê Tolman is dood aangetref in sy bakkie langs die Brandwag-Hartenbos-pad. Hy is in die bolyf geskiet.

Die aanvallers het daarna ‘n paartjie gekaap wat van Brandwag na Hartenbos onderweg was, en in hul voertuig gevlug.

“Die polisie het die voertuig naby die Danabaai-afrit in Mosselbaai gevind. Die paartjie is nie beseer nie.”

Pojie het intussen die publiek gevra om die polisie te kontak indien hulle enige inligting het oor die voorval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.