Vermoor by onklaar motor op snelweg

Deel op

‘n Man is Donderdag vermoor langs sy motor op die M2-snelweg naby Denver in die suide van Johannesburg gevind.

“Dit is nog nie seker wat gebeur het nie, maar dit lyk asof sy motor gaan staan het en dat hy stilgehou het,” het inspekteur Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Hy het uitgeklim en mense langs die snelweg het hom waarskynlik gekonfronteer.”

Beamptes in ʼn metropolisiepatrolliemotor het die motor opgemerk en gesien die enjinkap staan oop. “Die man se liggaam is naby sy motor aangetref. Hy is in die kop geskiet.”

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het bevestig paramedici het die man, ongeveer 40, op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.